Page 533 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Gedoemde Volk
529
Al die bome in daardie vyeboord was sonder vrugte; maar die
bladlose bome het nie verwagtings laat ontstaan nie, en dus ook geen
teleurstelling nie. Hierdie bome het die heidene voorgestel. By hulle
was daar net so ’n gemis aan godsaligheid as by die Jode; maar hulle
het nie voorgegee dat hulle God gedien het nie. Hulle het nie gespog
met goedheid nie. Hulle was blind vir die werke en weë van God. By
hulle was dit nog nie tyd vir vye nie. Hulle het nog gewag op n dag
wat lig en hoop aan hulle sou bring. Die Jode wat groter seëninge
van God ontvang het, is verantwoordelik gehou vir hulle misbruik
[594]
van daardie gawes. Die voorregte waarmee hulle gespog het, het
hulle skuld net groter gemaak.
Jesus het honger na die vyeboom gekom om voedsel te vind.
So het Hy ook na Israel gekom, hongerig om by hulle die vrugte
van geregtigheid te vind. Hy het Sy gawes mildelik aan hulle gegee,
sodat hulle vrugte kon voortbring vir die seën van die wêreld. Elke
kans en geleentheid is aan hulle gegee, en op Sy beurt het Hy van
hulle medelyde en samewerking verwag in Sy werk van genade.
Hy het verlang om die gees van selfopofïering en barmhartigheid te
sien, ’n ywer tot God, en ’n sielsverlange na die redding van hulle
medemens. As hulle die wet van God gehou het, sou hulle dieselfde
onselfsugtige werke gedoen het wat Christus gedoen het. Maar liefde
vir God en mens is verduister deur hoogmoed en selfvoldaanheid.
Hulle het hulle eie ondergang bewerk deur te weier om vir ander te
werk. Die skatte van waarheid wat God aan hulle toevertrou het, het
hulle nie aan die wêreld gegee nie. In daardie boom sonder vrugte
kon hulle hulle eie sonde en die straf daarop lees. Verdor onder die
vloek van die Heiland, verskroei en verdor van die wortels af op, het
die vyeboom getoon wat die Joodse volk sou word wanneer God Sy
genade aan hulle onttrek. Deur te weier om hulle seëninge met ander
te deel, sou hulle geen seën meer ontvang nie. “Dit is jou verderf, o
Israel, dat jy teen My, jou helper, is.” Hosea 13: 9.
Die waarskuwing geld vir alle tye. Christus se vervloeking van
die vyeboom wat deur Sy eie krag gemaak is, staan as waarskuwing
vir alle kerke en vir alle Christene. Niemand kan die wet van God
uitleef sonder om ander te dien nie. Maar daar is baie wat nie Christus
se barmhartige en onselfsugtige lewe uitlewe nie. Sommige wat dink
dat hulle uitmuntende Christene is, weet nie waaruit diens vir God
bestaan nie. Hulle maak planne en lê hulle daarop toe om hulleself