528
DIE KONING VAN DIE EEUE
en Sy dissipels weer op weg was na die stad, het die hangende takke
en verlepte blare hulle aandag getrek. “Rabbi,” het Petrus gesê, “kyk,
die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.”
Christus se vervloeking van die vyeboom het Sy dissipels ver-
baas. Dit was nie Sy manier van handel soos hulle Hom geken het
nie. Dikwels het hulle Hom hoor sê dat Hy nie gekom het om die
wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered sou
word. Hulle het Sy woorde onthou: “Die Seun van die mens het nie
gekom om die mense se siele te verderf nie, maar te red.” Lukas 9:
[593]
56.
Hy het Sy wonderwerke gedoen om te herstel, maar nooit om te
vernietig nie. Die dissipels het Hom geken alleen as die Hersteller
en die Geneser. Hierdie daad het alleen gestaan. Wat sou dan die
doel daarvan wees? het hulle gewonder.
God het ’n “welbehae in goedertierenheid.” “So waar as Ek leef!
spreek die Here Here: Gewis, Ek het geen behae in die dood van die
goddelose nie.” Miga 7: 18; Eseg. 33: 11. Vir Hom is die werk van
vernietiging en van veroordeling “vreemd.” (Jes. 28: 21.) Maar dit is
in genade en liefde dat Hy die sluier van die toekoms wegtrek, en
aan mense die gevolge van n loopbaan van sonde toon.
Die vervloeking van die vyeboom was n aanskouelike gelykenis.
Daardie boom sonder vrugte, wat met sy bedrieglike blare in die aan-
gesig van Christus gespog het, was ’n simbool van die Joodse volk.
Die Heiland wou dit duidelik aan Sy dissipels stel wat die oorsaak
van die gewisse verdoemenis van Israel was. Vir hierdie doel het
hy sedelike eienskappe aan die boom toegeskryf, en dit gebruik om
god- delike waarheid te leer. Die Jode het as ’n afsonderlike volk
uitgestaan onder die ander nasies, en het getrouheid aan God bely.
Hulle is spesiaal deur Hom begunstig, en bo alle ander volke het
hulle aanspraak gemaak op geregtigheid. Maar hulle was verdorwe
deur heb- sug en liefde vir die wêreld. Hulle het gespog met hulle
kennis, maar was onkundig ten opsigte van die vereistes van God,
en hulle was vol huigelary. Soos daardie vyeboom sonder vrugte
het hulle hulle spoggerige takke in die lug gesteek, vol weelderige
blare, en uiterlik baie mooi, maar hulle het “niks as blare” gedra nie.
Die Joodse gods- diens, met sy pragtige tempel, sy heilige altare,
sy priesters en indruk-wekkende seremonies, was inderdaad uiterlik
mooi, maar nederigheid, liefde, en weldadigheid het ontbreek.