Page 531 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Gedoemde Volk
527
n aardse koninkryk op te rig nie; dat Hy eerlank na Sy Vader toe
sou opvaar, en dat Sy aanklaers Hom nie weer sou sien totdat Hy
in heerlikheid sou kom nie. Dan, te laat vir hulle redding, sal hulle
Hom erken. Hierdie woorde het Jesus met droefheid en met groot
krag gespreek. Die Romeinse offisiere is stilgemaak en tot bedaring
gebring. Hulle harte, hoewel hulle nie die goddelike invloed geken
het nie, is aangeraak soos nog nooit tevore nie. In die kalm, ernstige
gelaat van Jesus het hulle liefde, goedheid, en waardigheid gesien.
Hulle is aangeraak deur ’n medelye wat hulle nie kon verstaan nie.
Pleks dat hulle Jesus gearresteer het, was hulle meer geneig om
Hom hulde te betoon. Hulle het hulle tot die priesters en owerstes
gewend en hulle daarvan beskuldig dat hulle die oproer veroorsaak
het. Hierdie leiers, gebelg en verslaan, het hulle tot mense gewend
met hulle klagtes, en hulle het heftig onder mekaar begin stry.
In die tussentyd het Jesus ongemerk die tempel binnegegaan.
Daar was alles stil, want die toneel op die Olyfberg het die mense
daarheen gelok. Vir ’n kort tydjie het Jesus in die tempel vertoef
en dit met droefheid betrag. Toe het Hy en Sy dissipels na Betanië
teruggekeer. Toe die mense Hom soek om Hom op die troon te plaas,
kon hulle Hom nie vind nie.
Jesus het daardie hele nag in gebed deurgebring, en die oggend
het Hy weer na die tempel teruggegaan. Op weg is hy by ’n vyeboord
verby. Hy was honger. “Toe Hy op ’n afstand n vyeboom met blare
sien, het Hy daarnatoe gegaan in die hoop om iets daaraan te kry; en
toe Hy daarby.kom, kry Hy niks as blare nie, want dit was nie die
[592]
tyd van vye nie.”
Dit was nie die tyd vir ryp vye nie, behalwe in sekere dele; en
op die hooglande rondom Jerusalem kon daar tereg gesê word, “Dit
was nie die tyd van vye nie.” Maar in die boord waar Jesus gekom
het, het dit gelyk of een van die bome die ander voor was. Dit was
alreeds bedek met blare. Dit is die aard van die vyeboom dat die
vrug voor die blare verskyn. Hierdie boom wat reeds in volle bloei
was, het die vermoede geskep dat daar ook ryp vrugte aan kon wees.
Maar sy voorkoms was bedrieglik. Jesus het al die takke deursoek,
maar Hy het “niks as blare” gekry nie. Daar was ’n massa van blare,
en niks meer nie.
Christus het die boom as volg vervloek: “Laat niemand ooit in
der ewigheid van jou ’n vrug eet nie!” Die volgende more, toe Jesus