Page 530 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Gedoemde Volk
DIE triomfantlike intog van Christus in Jerusalem was maar
n floue skaduwee van Sy koms op die wolke van die hemel met
grote krag en heerlikheid, met gejuig van engele en heiliges. Dan
sal die woorde van Christus aan priesters en Fariseërs vervul word:
Julie sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê:
Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here.” Matt. 23: 39. In
n pro- fetiese gesig is aan Sagaria die dag van finale sege getoon;
ook het hy die verdoemenis gesien van diegene wat Christus by Sy
eerste koms nie wou aanneem nie: “Hulle sal opsien na My wie hulle
deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ’n mens rouklaag
oor ’n enigste seun en bitterlik oor hom ween soos ’n mens bitterlik
ween oor ’n eersgebore kind.” Sagaria 12: 10. Hierdie toneel het
Christus voor- sien toe Hy die stad gesien en daaroor geween het. In
die verwoesting van Jerusalem het Hy die uiteindelike verwoesting
gesien van daardie mense wat skuldig was aan die bloed van die
Seun van God.
Die dissipels het die haat van die Jode teenoor Christus gesien,
maar hulle het nog nie gesien waartoe dit sou lei nie. Hulle het nog
nie die ware toestand van Israel besef, of die vergelding verstaan
wat Jerusalem sou tref nie. Dit het Christus aan hulle geopenbaar
[591]
deur ’n voortreflike, aanskouelike les.
Die laaste oproep aan Jerusalem was tevergeefs. Die priesters
en die owerstes het gehoor hoedat die volk die profetiese stem van
die verlede weer laat weerklink het, in antwoord op die vraag, “Wie
is hierdie man?” Maar hulle het dit nie aangeneem as die stem van
Inspirasie nie. Met woede en verbasing het hulle geprobeer om die
mense stil te maak. Daar was Romeinse offisiere onder die skare, en
by hulle het Sy vyande Jesus aangekla as die leier van ’n rebellie.
Hulle het gesê dat Hy op die punt gestaan het om die tempel in te
neem en as koning in Jerusalem te regeer.
Maar die kalm stem van Jesus het die skare vir ’n oomblik stil-
gemaak, toe Hy nog eens verklaar het dat Hy nie gekom het om
526