Op die O ly ƒ berg
583
af.” “Die dag van more sal wees soos vandag, buitengewoon groot.”
2
Pet. 3: 4; Jes. 56: 12. Hulle sal die plesier met nog groter ywer
najaag. Maar Christus sê, “Kyk, Ek kom soos ’n dief.” Openb. 16:
15.
Juis wanneer die wêreld spottend vra, “Waar is die belofte van Sy
weder- koms?” sal die tekens vervul word. Terwyl hulle sê, “Vrede
en veiligheid,” sal ’n skielike verderf hulle oorval. Wanneer die
spotter, die verwerper van die waarheid, vermetel word; wanneer die
mense sake sal doen en geld maak sonder in agneming van enige
beginsel; wanneer mense kennis soek oor alle dinge en die Bybel
verwaarloos, sal Christus kom soos ’n dief.
Alles in hierdie wêreld is in beroering. Die tekens van die tye
is onheilspellend. Ons sien reeds die skaduwees van die dinge wat
kom. Die Gees van God word onttrek van die aarde, en ramp volg
ramp op see en op land. Daar is storms, aardbewings, brande, oor-
stromings, en moord in alle grade. Wie kan die toekoms voorspel?
Waar is veiligheid? Daar is veiligheid in niks wat menslik of aards is
nie. Die mense begin hulle vinnig te skaar onder die banier wat hulle
gekies het. Rusteloos wag hulle en hou hulle die bewegings van
hulle leiers dop. Daar is diegene wat wag en werk vir die koms van
onse Here. ’n Ander klas word aangemonster onder die leier- skap
van die eerste groot rebel. Daar is min wat in hart en siel glo dat daar
’
n hel te vermy en ’n hemel te win is.
Die krisis kruip langsaam nader. Die son skyn daarbo en volg sy
vasgestelde baan, en die hemele verkondig steeds die heerlikheid van
God. Die mense eet en drink nog, hulle plant en bou en trou en word
in die huwelik uitgegee. Handelaars koop en verkoop nog. Mense
worstel met mekaar vir die hoogste plek. Genotsoekers vul nog die
teaters, gaan na die wedrenne en na die dobbelhelle. Daar heers die
grootste opgewondenheid, en dit alles terwyl die proeftyd vinnig ten
einde loop, en elke persoon se lot vir ewig beslis word. Die Satan
sien dat sy tyd kort is. Hy het al sy werktuie aan die werk gesit om
[652]
die mense te bedrieg, te mislei, besig te hou, en te begogel; totdat die
dag van genade beëindig en die genadedeur vir ewig gesluit word.
Op die vlerke van die eeue kom tot ons die woorde van waar-
skuwing wat onse Here op die Olyfberg gespreek het: “Pas op vir
julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en
dronkenskap en sorge van die lewe nie, en die dag julle nie skielik
oorval nie. . . . Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig mag