“
Jou Koning Kom”
523
klag: “Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou
kom, dat jou vyande n skans rondom jou sal opgooi en jou omsingel
en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou
teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander
laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie
opgemerk het nie.”
Christus het gekom om Jerusalem saam met haar kinders te red;
maar farisese hoogmoed, geveinsdheid, jaloesie, en kwaadwilligheid
het Hom belet om Sy doel te bereik. Jesus het die verskriklike ver-
gelding gesien wat die gedoemde stad sou tref. Hy het Jerusalem
omsingel gesien deur leërs; Hy het die verhongering en dood van die
inwoners gesien, hoedat moeders die dooie liggame van hulle eie
kinders eet, en hoedat sowel ouers as kinders die laaste stukkie voed-
sel van mekaar af weggryp, die natuurlike liefde heeltemal vernietig
deur die knaende honger. Hy het gesien hoedat die koppigheid van
die Jode, soos geopenbaar in hulle verwerping van Sy heil, hulle ook
sou lei om te weier om oor te gee aan die invallende leërs. Hy het
Golgota gesien waar Hy gekruisig sou word, met kruise so dig op
mekaar as bome in ’n woud. Hy het die ellendige inwoners gesien,
in die foltering van die pynbank en die kruis; die pragtige paleise
verwoes, die tempel in puin, en van die massiewe mure nie een klip
op die ander wat oorbly nie, terwyl die stad omgeploeg word soos
[587]
’
n land. Geen wonder dat die Heiland geween het van droefheid by
die aanskouing van so ’n toneel nie.
Jerusalem was die kind van Sy sorg, en soos n barmhartige vader
sou ween oor ’n eiewys seun, het Jesus geween oor die geliefde stad.
Hoe kan Ek jou opgee? Hoe kan Ek toesien dat jy verwoes word?
Moet Ek jou laat begaan om die beker van jou ongeregtigheid vol
te maak? Een siel is van so groot waarde dat hele wêrelde nietig
is, vergeleke daarmee; maar hier sou ’n hele volk ten gronde gaan.
Wanneer die vinnigsakkende son uit die lug verdwyn, sal Jerusalem
se dag van genade ook gedaan wees. Terwyl die optog gewag het
op die top van die Olyfberg, was dit nog nie te laat vir Jerusalem
om berou te hê nie. Die engel van genade was toe reeds besig om sy
vlerke op te vou en af te tree van die goue troon om plek te maak vir
geregtigheid en die vinnignaderende vergelding. Maar Christus se
groot hart van liefde het nog gepleit met Jerusalem wat Sy genade
versmaai, Sy waarskuwings verag, en haar nou klaargemaak het om