Page 526 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

522
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hom die lewe te ontneem. Hy het gesien wat haar skuld sou wees
deur haar verwerping van haar Verlosser, en wat sy kon gewees het
as sy Hom aangeneem het — Hy wat haar verwonding kon genees.
Hy het gekom om haar te red; hoe kon Hy haar opgee?
Israel was die uitverkore volk; God het hulle tempel Sy woonplek
gemaak; dit was “skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die
hele aarde.” Ps. 48: 3. Die oorkondes van meer as ’n duisend jaar van
Christus se beskerming en tere liefde, soos die liefde van n vader vir
sy eie kind, was daar. In daardie tempel het die profete hulle plegtige
vermanings gegee. Daar het hulle die reukwerk gebrand, vermeng
met die gebede van die aanbidders, wat opgestyg het tot God. Daar
het die bloed van die offerdiere gevloei, tipes van die bloed van
Christus. Daar het Jehova Sy heerlikheid geopenbaar bokant die
ver- soendeksel. Daar het die priesters vir eeue gedien in die prag
van simbool en seremonie. Maar dit alles sou tot n end kom.
Jesus het sy hand opgehef — daardie hand wat so dikwels die
siekes en lydendes geseën het — en Hy het dit geswaai in die rigting
van die gedoemde stad en in gebroke woorde van droelheid uitge-
roep. “As jy tog maar geweet het, ja ook in hierdie dag van jou, die
dinge wat tot jou vrede dien!” Daar het die Heiland opgehou, en Hy
het nie gesê wat die toestand van Jerusalem kon gewees het as sy
die hulp aangeneem het wat God haar graag wou gee nie — naamlik
die gawe van Sy geliefde Seun. As Jerusalem geweet het wat dit
[586]
haar voorreg was om te weet, en as sy die lig aangeneem het wat
die hemel aan haar gestuur het, kon sy trots en voorspoedig gestaan
het, die koningin van die koninkryke, vry in die krag van God. Daar
sou geen gewapende soldate in sy poorte gestaan en geen Romeinse
baniere op sy mure gewapper het nie. Die heerlike bestemming wat
Jerusalem s’n kon gewees het as sy haar Verlosser aangeneem het,
het voor die Seun van God opgekom. Hy het gesien dat sy deur
Hom kon genees gewees het van haar vreeslike kwaal, bevry uit die
slawerny, en bevestig as die magtige hoofstad van die wêreld. Van
haar mure sou die vredesduif gevlieg het na alle volke. Sy sou die
wêreld se kroon van heerlikheid gewees het.
Maar die heerlike prentjie van wat Jerusalem kon gewees het,
verdof uit die Heiland se gesig. Hy besef wat sy nou is onder die
Romeinse juk, onder die frons van God, gedoem tot die vergeldende
oordeel. Toe neem Hy weer die trant op van Sy onderbroke jammer-