“
Jou Koning Kom”
521
son daarop geskyn, en alles het ge- glinster met ’n heerlikheid van
die hemel geleen.
Jesus het die toneel aanskou, en die groot skare het stil geword,
betower deur die skielike aanskouing van die skoonheid. Alle oë
word op die Heiland gevestig in die verwagting dat hulle in Sy gelaat
ook die bewondering sou sien wat hulle gevoel het. Instede daarvan
het hulle ’n wolk van droefheid gesien. Hulle is verwonderd en
teleurgestel om trane in Sy oë te sien, terwyl Sy liggaam heen-en-
weer swaai soos ’n boom in ’n sterk wind, en daar ’n jammer- klag
oor Sy lippe kom asof uit die diepte van ’n gebroke hart. Wat ’n
skouspel was dit vir engele! Hulle geliefde Aanvoerder in droefheid
en trane! Wat ’n skouspel was dit vir die blymoedige skare wat Hom
met triomfkrete en wuiwende palmtakke begelei na die heerlike stad
waar hulle stellig gehoop het Hy sou regeer! Jesus het geween by die
graf van Lasarus, maar dit was met goddelike droefheid in medelyde
met menslike droefheid. Maar hierdie skielike droefheid was soos
die geweeklaag in ’n groot triomfkoor. Te midde van ’n toneel van
vreugde waarin almal Hom hulde gebring het, was Israel se Koning
in trane; nie in stille trane van blydskap nie, maar trane en kreune
van droefheid wat nie onderdruk kon word nie. Die skare het in ’n
skielike somber stemming gekom. Daar was geen toejuigings meer
nie. Baie het in medelyde geween met ’n droefheid wat hulle nie
kon verstaan nie.
[585]
Die trane van Jesus was nie oor die verwagting van Sy eie lyding
nie. Net vóór Hom was Getsemane, waar Hy eerlank sou beklem
word met die aakligheid van ’n groot duisternis. Die skaapspoort was
ook in sig — die poort waardeur die offerdiere vir eeue uitgelei is.
Hierdie poort sou binnekort vir Hom oopgaan, die groot Teenbeeid,
na wie se opoffering vir die sondes van die wêreld al die offers voor-
uitgewys het. Daar naby was Golgota, die plek van Sy aanstaande
foltering. Maar dit was nie ten gevolge van hierdie gedagtes aan Sy
wrede dood dat die Verlosser geween en in die angs van Sy gees
gekreun het nie. Sy droefheid was nie selfsugtige droefheid nie. Die
gedagte aan Sy eie foltering het nie daardie edel, selfopofferende
siel banggemaak nie. Dit was die aanskouing van Jerusalem wat
die hart van Jesus deurboor het — Jerusalem wat die Seun van God
verwerp en Sy liefde versmaai het, wat nie oortuig wou word deur
Sy magtige wonderwerke nie, en nou op die punt gestaan het om