520
DIE KONING VAN DIE EEUE
bestraffende en dreigende woorde aangespreek: ”Meester, bestraf
U dissipels.” Hulle het gesê dat sulke luidrugtige demonstrasies
onwettig was en nie deur die owerheid sou toegelaat word nie. Maar
die antwoord van Jesus het hulle die swye opgelê, “Ek sê vir julle,
as hulle swyg, sal die klippe uitroep.” Daardie toneel van triomf is
deur God so beskik. Dit was deur die profeet voorspel, en die mens
was mag- teloos om Gods plan te verydel. As die mens in gebreke
gebly het om Sy plan uit te voer, sou Hy aan die dooie klippe ’n stem
gegee het, en hulle sou Sy Seun met lofbetuigings begroet het. Toe
die Fariseërs wat die swye opgelê is, teruggeval het, het honderde
stemme die woorde van die profeet Sagaria aangehef: “Verheug jou
grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou
Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy; nederig en
Hy ry op ’n esel, die vul van ’n eselin.”
Toe die optog bo-op die berg kom en wou afsak na die stad, het
Jesus stilgehou, en die hele skare het tot stilstand gekom. Voor hulle
het Jerusalem uitgestrek gelê in al sy heerlikheid, nou in die volle
glans van die sakkende son. Die tempel het die aandag van almal
getrek. Die pragtige gebou het uitgestaan bo alle ander geboue, as- of
dit na die hemel gewys en die aandag van die mense gevestig het op
die ware en lewende God. Lank reeks was die tempel die trots en
heerlikheid van die Joodse volk. Die Romeine was ook trots op die
heerlikheid daarvan, ’n Koning, deur die Romeine aangestel, het die
Jode gehelp om dit te herbou en te versier, en die keiser van Rome
[584]
het dit verryk met sy gawes. Die krag, rykdom, en prag daarvan
het dit een van die wonders van die wêreld gemaak.Terwyl die sak-
kende son die hemeltrans getint het, is ook die rein, wit marmermure
van die tempel verlig met die heerlikheid van die son wat sy pilare,
met goud bedek, laat glinster het. Van die top van die berg waar
Jesus en Sy volgelinge gestaan het, het dit soos ’n massiewe gebou
van sneeu gelyk, met goue torinkies. By die ingang van die tempel
was ’n wingerdstok van goud en silwer, bedek met groen blare en
groot trosse druiwe — die werk van be- drewe kunstenaars. Die
beeld het Israel voorgestel as ’n vrugbare wynstok. Die goud en
silwer en groen het seldsame smaak en groot kuns getoon; waar dit
so grasieus teen die wit, glinsterende pilare opgeklim, en vasgerank
het aan die goue versiersels, het die heerlikheid van die ondergaande