“
Jou Koning Kom”
519
Hierdie dag, wat vir die dissipels gelyk het as die kroonstuk van
hulle lewe, sou vir hulle maar ’n treurige dag gewees het as hulle kon
geweet het dat hierdie toneel van blydskap slegs die voorspel was tot
die lyde en dood van hulle Meester. Alhoewel Hy hulle herhaaldelik
verwittig het van die gewisse opoffering van homself, het hulle tog,
in die vreugde van die oomblik, Sy droewige woorde vergeet, en het
hulle vooruitgesien na Sy heerlike regering op die troon van Dawid.
Die skare in die optog het steeds aangegroei, en met ’n paar
uit- sonderings, het almal onder die inspirasie van die uur gekom,
en hulle het hosanna geskreeu totdat dit van berg tot berg en kloof
tot kloof weergalm het. Daar is onafgebroke geskreeu: ”Hosanna vir
die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die
Here! Hosanna in die hoogste hemele!”
Nog nooit tevore het die wêreld so ’n triomftog gesien nie. Dit
was nie soos die van die aarde se beroemde oorwinnaars nie. Daar
was nie ’n lang tou van vernederde gevangenes waarmee die konings
ge- woonlik gespog het nie. Maar rondom die Heiland was die
heerlike trofeë van Sy werk van liefde vir die sondige mensdom.
Daar was die gevangenes wat Hy verlos het uit die Satan se mag,
lowende God vir hulle verlossing. Die blindes wie se gesig Hy
herstel het, was op die voorpunt. Die stommes wie se tonge Hy
losgemaak het, het die luidste hosanna geskreeu. Die kreupeles
wat Hy genees het, het ge- huppel van vreugde, en hulle was die
ywerigste om palmtakke af te breek en te swaai voor hulle Heiland.
Weduwees en wese het die Naam van Jesus geloof vir Sy werke
van barmhartigheid aan hulle. Die melaatses wat Hy genees het, het
[583]
hulle rein klere voor Hom ge- sprei, en Hom gegroet as die Koning
van heerlikheid. Diegene wat deur Sy stem uit die dode geroep is,
was onder daardie skare. Lasarus, wie se liggaam verderf in die
graf gesien het, maar wat hom nou verbly het in die krag van sy
manlikheid, het die esel gelei waarop die Heiland gery het.
Baie van die Fariseërs het die toneel aanskou, en, brandende van
haat en nyd, het hulle probeer om die openbare gevoelens in ’n ander
rigting te stuur. Met al hulle gesag het hulle geprobeer om die mense
stil te maak; maar hulle beroepe en dreigemente het die entoesiasme
net laat toeneem. Hulle het gevrees dat die skare, in die krag van hulle
oormag, Jesus koning sou maak. In ’n laaste poging het hulle deur
die skare gedring tot waar die Heiland was, en Hom in die volgende