Page 522 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

518
DIE KONING VAN DIE EEUE
skreeu ook totdat die omliggende berge en klowe weergalm. Nou
het daar menigtes van Jerusalem by die skare aangesluit. Van die
menigtes wat gekom het vir die Paasfees het duisende uitgegaan
om Jesus te verwelkom. Hulle begroet Hom met die geswaai van
palmtakke, en gewyde gesange. Die priesters by die tempel blaas
die trompette vir die aanddiens, maar daar is min wat gehoorgee,
en ontsteld het die owerstes vir mekaar gesê, “Die hele wêreld gaan
agter Hom aan.”
Nog nooit tevore in Sy aardse lewe het Jesus so ’n demonstrasie
toegelaat nie. Hy het duidelik die resultate voorsien. Dit sou Hom
na die kruis bring. Maar dit was Sy doel om Homself so in die
openbaar voor te stel as die Verlosser. Hy wou die aandag vestig op
die offer wat die kroonstuk sou wees van Sy sending aan ’n verlore
wêreld. Terwyl die mense in Jerusalem vergader het om die Paasfees
te vier, het Hy, die ware Lam, deur ’n vrywillige daad Homself as
soenoffer afgesonder. Dit sou nodig wees vir Sy kerk van alle tye om
Sy dood vir die sondes van die wêreld die onderwerp van ernstige
oorpeinsing en studie te maak. Elke feit in verband daarmee moet
bevestig word bokant enige twyfel. Dit was dus nodig dat die oë
van al die mense op Hom gevestig sou word; die gebeurtenisse wat
Sy groot offer voorafgegaan het, moes van so ’n aard wees dat dit
die aandag sou vestig op die offer self. Ná ’n demonstrasie soos
Sy intog in Jerusalem, sou alle oë Sy vinnige vordering sien na die
eindtoneel.
[582]
Die gebeurtenisse in verband met Sy intog sou deur almal be-
spreek word, en dit sou Jesus onder die aandag van almal bring. Na
Sy kruisiging, sou vele terugdink aan die gebeurtenisse in verband
met Sy verhoor en dood. Dit sou hulle beweeg om die profesieë te
ondersoek, en dit sou hulle oortuig dat Jesus die Messias was, en in
alle lande sou bekeerlinge tot die geloof vermenigvuldig word.
In hierdie een toneel van triomf in Sy aardse lewe, kon die
Heiland verskyn het, begelei deur engele, en aangekondig deur die
basuin van God; maar so ’n demonstrasie sou indruis teen die doel
van Sy sending, en teen die wet wat Sy lewe beheers het. Hy het
getrou gebly aan die nederige lot wat Hy aanvaar het. Die las van
die mensdom sou Hy dra totdat Hy Sy lewe sou gee vir die lewe van
die wêreld.