“
Jou Koning Kom”
517
het om te ry. Maar die hoop het herlewe in hulle harte toe hulle
daaraan gedink het dat Hy die hoofstad nou sou binnery, Homself
Koning sou verklaar, en Sy koninklike gesag sou handhaaf. Op weg
om die esel te haal het hulle hulle groot verwagtings aan die vriende
van Jesus vertel; daar het wyd en syd opwinding geheers, en die
verwagtings van die volk het ’n klimaks bereik.
Christus het Jerusalem binnegery volgens die Joodse koninklike
gebruik. Soos die konings van Israel het hy op die esel gery, en
in die profesieë is voorspel dat die Messias op hierdie wyse na Sy
koninkryk sou kom. Nog skaars het Hy die esel bestyg toe ’n luide
triomfkreet deur die lug weergalm het. Die skare het Hom gegroet as
hulle Messias en hulle Koning. Jesus het nou die hulde aangeneem
wat Hy nooit voorheen wou toelaat nie, en die dissipels het dit beskou
as bewys dat hulle blye hoop nou verwesenlik sou word om Hom
op die troon bevestig te sien. Die skare was oortuig dat die uur van
hulle bevryding aangebreek het. In hulle verbeelding het hulle die
Romeinse leërs uit Jerusalem verdryf gesien, en Israel weer eens as
’
n onafhanklike volk. Almal was bly en opgewonde, en die mense
het met mekaar gewedywer om Hom hulde te betoon. Daar kon geen
skitterende vertoon wees nie, maar hulle het Hom die aanbidding
gegee van hulle gelukkige harte. Hulle was nie in staat om kosbare
geskenke aan Hom te gee nie, maar hulle het hulle bo-klere as tapyt
op Sy pad gegooi, en ook olyf- en palmtakke daarop gestrooi. Hulle
kon die intog nie met vaandels lei nie, maar hulle het palmtakke
[581]
afgesny, die natuur se simbool van oorwinning, en daarmee gewaai
terwyl hulle luide hosannas aangehef het.
Namate hulle voortbeweeg het, het die skare steeds groter geword
omdat ander wat gehoor het van die koms van Jesus hulle in aller yl
by die optog aangesluit het. Toeskouers onder die skare het gedurig
gevra, Wie is dit hierdie? Wat beteken al hierdie lawaai. Hulle het
almal van Jesus gehoor en het verwag om Hom na Jerusalem te sien
gaan, maar hulle het geweet dat Hy voorheen alle pogings om Hom
op die troon te plaas afgeraai het, en hulle was nou baie verbaas om te
hoor dat dit Hy was. Hulle het gewonder wat hierdie verandering in
Hom kon veroorsaak het aangesien Hy verklaar het dat Sy koninkryk
nie van hierdie wêreld is nie.
Hulle vrae word stilgemaak deur ’n triomfkreet. Dit word ver-
skeie- maal herhaal deur die verwagtende skare; die mense daar ver