Page 520 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Jou Koning Kom”
VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter
van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oor-
winnaar is Hy; nederig en Hy ry op ’n esel — op ’n jong esel, die
vul van ’n eselin.” Sag. 9: 9.
Vyfhonderd jaar vóór die geboorte van Christus, het die profeet
Sagaria die koms van die Koning van Israel so voorspel. Hierdie
profesie sou nou vervul word. Hy wat so lank koninklike hulde ge-
weier het, kom nou na Jerusalem as die beloofde erfgenaam van die
troon van Dawid.
Dit was op die eerste dag van die week dat Christus op Sy segetog
Jerusalem binnegery het. Skares wat saamgedrom het om Hom in
Betanië te sien, het Hom nou vergesel, gretig om Sy ontvangs te sien.
Baie mense was op weg na die stad vir die Paasfees, en hulle het
ook by die skare aangesluit wat Jesus vergesel het. Dit het geskyn of
die hele natuur gejuig het. Die bome het hulle groen drag aangehad,
en hulle bloeisels het die lug met ’n soete geur belaai. Die volk
was besiel met ’n nuwe lewe en vreugde. Die hoop op die nuwe
koninkryk het weer herleef.
[579]
[580]
Met die doel om na Jerusalem te ry, het Jesus twee van Sy dis-
sipels gestuur om vir Hom ’n eselin en haar vul te bring. By Sy
geboorte was die Heiland afhanklik van die gasvryheid van vreem-
delinge. Die krip waarin Hy gelê het, was ’n geleende rusplek. En
nou, alhoewel al die diere op ’n duisend berge Syne was, is Hy
weer afhanklik van die vriendelikheid van ’n vreemdeling vir ’n
dier waarop Hy Jerusalem as Koning kon binnery. Maar weer is Sy
Godheid geopenbaar in selfs die uitvoerige bevele wat Hy aan Sy
dissipels gegee het in verband met hierdie saak. Soos Hy voorspel
het, is die pleidooi, “Die Here het hulle nodig,” geredelik toegestaan.
Jesus het die jong esel waarop niemand nog ooit gery het nie, gekies
vir Sy doel. Vol blye entoesiasme het die dissipels hulle klere op die
dier gelê en hulle Meester daarop laat sit. Voorheen het Jesus altyd te
voet gereis, en die dissipels was eers verwonder dat Hy nou verkies
516