Page 519 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Maaltyd in Simon se Huis
515
haat teenoor God. Hy mag hierdie donker klad uitveeg uit Sy heelal.
Maar Hy doen dit nie. Hy staan vandag by die wierook-altaar en stel
aan God die gebede voor van diegene wat vra om Sy hulp.
Die siele wat hulle toevlug tot Hom neem, verhef Jesus bokant
die beskuldigings en geklets van tonge. Geen mens of engel kan
hierdie siele aankla nie. Christus verbind hulle met Hom deur Sy eie
God-mens natuur. Hulle staan langs die groter Draer van die sonde,
in die lig wat skyn van die troon van God. “Wie sal beskuldiging
inbring teen die uitverkorenes van God ? God is dit wat regverdig
maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja
meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God
is, wat ook vir ons intree.” Rom. 8: 33, 34.
[578]