Page 518 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

514
DIE KONING VAN DIE EEUE
nie graag sy sondes voor ander wou openbaar nie, maar getrag het
om deur ’n waaragtige voorstelling van die saak sy hart te oortuig
en deur ontfermende vriendelikheid sy hart wou versag, ’n Harde
bestraffing sou Simon verhard het om hom nie te bekeer nie, maar
die lankmoedige vermaning het hom oortuig van sy fout. Hy het
gesien hoe vreeslik baie hy sy Here verskuldig was. Sy hoogmoed
is verneder, hy het tot inkeer gekom, en die trotse Fariseër het ’n
nederige, selfopofferende dissipel geword.
Maria is beskou as ’n groot sondares, maar Christus het geweet
wat- ter omstandighede daartoe gelei het. Hy kon elke vonkie van
hoop uit haar siel geblus het, maar Hy het nie. Dit was Hy wat haar
opge- hef het uit wanhoop en ondergang. Sewemaal het sy gehoor
hoe Hy die duiwels bestraf wat haar hart en verstand beheers het. Sy
het Sy harde geroep tot Sy Vader vir haar gehoor. Sy het geweet hoe
afsku- welik die sonde is vir Sy onbevlekte reinheid, en in Sy krag
het sy oorwin.
Toe haar saak uit ’n menslike oogpunt hopeloos geskyn het, het
Christus Maria se goeie hoedanighede gesien. Hy het die beter nei-
gings van haar karakter gesien. Die verlossingsplan gee aan die
mense- kinders groot moontlikhede, en by Maria sou daardie moont-
likhede werklikhede word. Deur Sy genade het sy ’n deelgenoot
geword van die goddelike natuur. Die een wat gevalle was, en wie se
hart die woonplek van duiwels was, is baie naby die Heiland gebring
in ge meenskap en diens. Dit was Maria wat aan Sy voete gesit en
[577]
van Hom geleer het. Dit was Maria wat op Sy hoof die kosbare salf
uitge- giet en Sy voete met haar trane gewas het. Maria het by die
kruis gestaan en Hom na die graf gevolg. Maria was die eerste by die
graf ná Sy opstanding. Dit was Maria wat eerste ’n verrese Heiland
verkondig het.
Jesus ken die omstandighede van elke siel. U mag sê, Ek is
sondig, baie sondig. Dit mag wees; maar hoe sondiger u is, hoe
meer het u Jesus nodig. Hy sal geen wenende, boetvaardige sondaar
wegstuur nie. Hy openbaar nie aan enigeen van ons alles wat Hy
omtrent ons openbaar kan maak nie, maar Hy vervul elke bange siel
met hoop. Almal wat na Hom toe kom vir vergifnis en herstelling,
sal Hy vryelik vergewe.
Christus mag die engele beveel om die beker van Sy wraak op
die aarde uit te giet, en om diegene te vernietig wat vervul is met