Die Maaltyd in Simon se Huis
513
hom laat sien hoe groot sy skuld regtig was. Hy wou hom wys dat sy
sonde groter was as hare, soveel groter as die vyfhonderd pennings
meer was as die vyftig.
Simon het homself nou in ’n nuwe lig begin sien. Hy het gesien
hoe Maria beskou is deur Iemand wat meer as ’n profeet was. Hy het
gesien dat Christus met Sy deurdringende profetiese oog haar hart
van liefde en toewyding gelees het. Hy het vreeslik skaam gevoel,
en hy het besef dat hy in die teenwoordigheid was van Een hoër as
hy.
“
Ek het in jou huis gekom,” het Christus voortgegaan, “water
het jy vir My voete nie gegee nie; maar sy,” wat jy verag, “het met
haar trane My voete nat gemaak en met die hare van haar hoof
afgedroog. ’n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy
ingekom het, nie opgehou om My voete te soen nie.” Christus het
die geleenthede opgenoem wat Simon gehad het om sy liefde vir sy
Here te toon, en sy dankbaarheid vir wat vir hom gedoen is. Reguit,
maar baie hoflik, het die Heiland Sy dissipels laat verstaan dat Sy
hart gegrief voel wanneer Sy kinders nalaat om deur woorde en dade
hulle dankbaarheid teenoor Hom te openbaar.
Die Deursoeker van harte het die motief agter Maria se daad
gesien, en ook het Hy die gees gesien wat Simon besiel het. “Sien jy
hierdie vrou,” het Hy gesê, sy is ’n sondares. “Haar sondes wat baie
is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig
ver- gewe is, het weinig lief.”
[576]
Simon se kilheid en sy versuim teenoor die Heiland het getoon
hoe min hy die genade waardeer het wat hy ontvang het. Hy het
gemeen dat hy Jesus vereer het deur Hom na sy huis te nooi. Maar
nou het hy homself gesien soos hy werklik was. Terwyl hy gedink
het dat hy sy Gas opgesom het, het sy Gas hom opgesom. Hy het
gesien hoe waaragtig Christus se beoordeling van hom was. Sy
gods- diens was slegs die mantel van fariseïsme. Hy het die genade
van Christus verag. Hy het Hom nie erken as die Verteenwoordiger
van God nie. Terwyl Maria ’n begenadigde sondares was, was hy ’n
onver- gewe sondaar. Die onbuigbare maatstaf van geregtigheid wat
hy teen haar toegepas wou sien, het homself veroordeel.
Simon is getref deur die vriendelikheid van Jesus om hom nie
openlik voor sy gaste te bestraf nie. Hy is nie behandel soos hy graag
wou sien dat Maria behandel moes word nie. Hy het gesien dat Jesus