512
DIE KONING VAN DIE EEUE
Sy I’arisese trots is gekwes. Hy het geweet dat baie van sy gaste
Christus met agterdog en misnoeë bejeën het. Simon het in sy hart
gesê, “Hy, as Hy n profeet was, sou geweet het wie en watter soort
vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is ’n sondares.”
Deur Simon van sy melaatsheid te genees, het Christus hom
gered van ’n lewende dood. Maar nou het Simon getwyfel of die
Heiland regtig ’n profeet was. Omdat Christus toegelaat het dat
hierdie vrou Hom aanraak; omdat Hy haar nie met verontwaardiging
verag het as iemand wie se sondes te groot was om te vergewe nie;
omdat Hy nie getoon het dat Hy geweet het dat sy ’n gevalle vrou
was nie, was Simon geneig om te dink dat Hy nie n profeet was
nie. Jesus weet niks van hierdie vrou wat so vrypostig is nie, het hy
gedink, of Hy sou nie toelaat dat sy Hom aanraak nie.
Maar dit was Simon se onkunde van God en Christus wat hom
laat dink het soos hy wel gedoen het. Hy het nie besef dat Gods
Seun op Gods manier moes handel nie, naamlik met ontferming,
tederheid, en genade. Simon se manier was om geen notisie van
Maria se boetvaardige diens te neem nie. Dat sy Christus se voete
gesoen en gesalf het, het sy harde hart ergerlik laat voel. Hy het
gemeen dat as Christus n profeet was, sou hy sondaars herken en
bestraf het.
Christus het as volg op hierdie onuitgesproke gedagte geant-
woord: “Simon, Ek het iets om jou te sê. . . . ’n Sekere geldskieter
het twee skuldenaars gehad; die een het vyfhonderd pennings ge-
skuld en die ander een vyftig; en omdat hulle niks gehad het om te
[575]
betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal
hom die meeste liefhê? En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel
die een aan wie Hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom:
Jy het reg geoordeel.”
Soos Natan met Dawid gehandel het, het Christus hierdie hart-
treffer bedek onder die mantel van ’n gelykenis. Hy het die gasheer
sy eie vonnis laat uitspreek. Dit was Simon self wat hierdie vrou,
wat hy nou verag het, in die sonde gelei het. Hy het haar verskriklik
veronreg. Simon en die vrou is voorgestel deur die skuldenaars. Dit
was nie Jesus se doel om te leer dat die twee persone dankbaarheid
in twee verskillende grade sou voel nie, want elkeen van hulle was
dankbaarheid verskuldig wat hulle nooit kon terugbetaal nie. Maar
Simon het gevoel dat hy regverdiger was as Maria, en Jesus wou