Page 515 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Maaltyd in Simon se Huis
511
dering van hulle harte terwyl hulle naby Hom was. Toe Jesus nie
meer by hulle was nie, en hulle inderwaarheid gevoel het soos skape
sonder ’n herder, het hulle begin sien hoe hulle dienste aan Hom kon
bewys het wat Sy hart bly sou gemaak het. Hulle het Maria dit nou
nie meer kwalik geneem nie, maar die blaam op hulleself geneem.
O, as hulle maar net daardie woorde kon terugtrek, waar hulle die
armes voorgestel het as meer waardig om die gawe te ontvang as
Christus! Hulle het die bestraffing baie diep gevoel toe hulle die
gebroke liggaam van hulle Here van die kruishout verwyder het.
Ons sien dieselfde leemte in ons wêreld vandag. Daar is maar
min wat alles besef wat Christus vir hulle is. As hulle dit wel besef
het, sou liefde soos die groot liefde van Maria weer gesien word,
en die salwing sal meer vryelik geskied. Die gawe van die kosbare
salf sou nie verkwisting genoem word nie. Niks sou te kosbaar geag
word vir Christus nie, geen selfverloëning of opoffering sou as te
swaar geag word vir Sy ontwil nie.
Die woorde wat met verontwaardiging gespreek is, “Waarvoor is
hierdie verkwisting?” het helder voor Chriscus se gees die grootste
opoffering gebring wat nog ooit gemaak is — die gawe van Homself
as versoening vir ’n verlore wêreld. Die Here sou so goedgesind
wees teenoor die mensekinders dat daar nooit gesê sal kan word dat
Hy nog meer kon gedoen het nie. In die gawe van Jesus het God die
hele hemel gegee. Uit ’n menslike oogpunt beskou, was so ’n gawe
onverantwoordelike verkwisting. Vir die menseverstand is die hele
verlossingsplan n verkwisting van genade en rykdom. Selfverloëning
[574]
en heelhartige opoffering is altyd daar vir ons. Wel mag die leërskare
van die hemel met verbasing die mensdom aanskou wat weier om
verhef en verryk te word deur die grenslose liefde geopenbaar in
Christus. Wel mag hulle uitroep, Waarvoor is hierdie verkwisting?
Maar die versoening vir ’n verlroe wêreld sou volledig, oorvloe-
dig, en volkome wees. Die offer van Christus was so oorvloedig dat
dit elke siel wat God geskape het, kon bereik. Dit was so onbeperk
dat dit genoegsaam is vir almal wat die groot Gawe wil aanneem.
Alle mense word nie gered nie; maar nogtans is die verlossingsplan
nie ’n verkwisting omdat dit nie alles doen waarvoor dit so mildelik
voorsie- ning maak nie. Daar sou genoeg en meer as genoeg wees.
Simon, die gasheer, was ook beïnvloed deur die kritiek van Judas
op Maria se gawe, en hy was verbaas oor die gedrag van Jesus.