Page 514 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

510
DIE KONING VAN DIE EEUE
Christus waardeer eerbewyse wat uit die hart kom. As iemand
Hom ’n guns bewys het, het Hy met hemelse hoflikheid die gewer
geseën. Die eenvoudigste blommetjie, gepluk deur kinderhandjies
en Hom in liefde aangebied, het Hy nie geweier nie. Hy het die
offer- gawes van die kinders aangeneem, die gewers geseën, en hulle
name in die boek van die lewe geskryf. In die Skrifte is Maria se
salwing van Jesus aangeteken sodat sy onderskei is van al die ander
Marias. Dade van liefde en verering van Jesus is bewys van geloof
in Hom as die Seun van God. Die Heilige Gees noem as bewys van
n vrou se getrouheid aan Christus, die volgende: “As sy . . . die
voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp het en elke goeie
werk na- gestreef het.” 1 Tim. 5: 10.
Christus het Hom verheug in die ywerige strewe van Maria om
die wil van haar Here te doen. Hy het die rykdom van die reine liefde
aangeneem wat Sy dissipels nie verstaan het en nie wou verstaan
nie. Die begeerte wat Maria gehad het om hierdie werk vir haar Here
te doen, was van meer waarde vir Christus as al die kosbare salf in
die hele wêreld, want dit het getuig van haar waardering van die
Verlosser van die wêreld. Die liefde van Christus was die drang in
haar. Die uitnemendheid van die karakter van Christus het haar siel
vervul. Die salf was ’n simbool van die hart van die gewer. Dit was
die uiterlike demonstrasie van ’n liefde gevoed deur hemelse strome
totdat dit die walle oorstroom het.
Die werk van Maria was juis die les wat die dissipels nodig
gehad het om aan hulle te toon dat die uitdrukking van hulle liefde
vir Chris- stus vir Hom welbehaaglik sou gewees het. Hy was vir
[573]
hulle alles, en hulle het nie besef dat hulle Hom eerlank nie meer by
hulle sou hê nie, en dat hulle dan nie bewys sou kon gee van hulle
dankbaarheid vir Sy groot liefde nie. Die eensaamheid van Christus,
geskei van die hemelse howe, en lewende soos ’n mens, is nooit
deur die dissipels behoorlik verstaan en gewaardeer nie. Hy was
dikwels teleurgestel omdat Sy dissipels nie aan Hom gegee het wat
Hy van hulle moes gekry het nie. Hy het geweet dat as hulle onder
die invloed verkeer het van die hemelse engele wat Hom vergesel
het, hulle ook geen offer as van te groot waarde sou geag het om
uitdrukking te gee aan die geestelike liefde van hulle harte nie.
Hulle latere kennis het hulle ’n ware besef gegee van baie dinge
wat hulle vir Jesus kon gedoen het as bewys van die liefde en waar-