Die Maaltyd in Simon se Huis
509
Gevoelens van verontwaardiging kon teen hom aangeblaas gewees
het oor sy verdrukking van die weduwee, die wees, en die dagloner.
Maar as Christus Judas ontmasker het, sou dit aangevoer gewees het
as die rede vir sy verraad. En al sou hy as dief beskuldig gewees
het, sou Judas simpatiseerders gevind het, selfs onder die dissipels.
Die Heiland het hom nie beskuldig nie, en so is daar nie aan hom ’n
ekskuus gegee vir sy verraad nie.
Maar die deurdringende aanblik van Jesus het Judas oortuig dat
die Heiland sy huigelary gesien, en sy gemene, veragtelike karak-
ter gelees het. In die aanprysing van Maria se daad wat so hard
veroordeel is, het Christus Judas bestraf. Vóór daardie tyd het die
Heiland hom nooit regstreeks bestraf nie. Hierdie bestraffing het
hom verbitterd in sy hart laat voel. Hy het besluit dat hy hom op
Christus sou wreek. Van die avondmaal is hy reguit na die paleis
van die hoë- priester, waar hy die raad in sitting gevind het, en hy
het aangebied om Jesus in hulle hande te verraai.
Die priesters was baie bly. Hierdie leiers van Israel het die voor-
reg gehad om Christus aan te neem as hulle Verlosser, sonder geld
en sonder prys. Maar hulle het die kosbare gawe geweier wat hulle
aangebied is in die gees van die grootste liefde. Hulle het die ver-
lossing geweier wat kosbaarder is as goud, en hulle het hulle Here
gekoop vir dertig silwerstukke.
Judas het so toegegee aan hebsug dat dit alles wat goed was in
sy karakter oorwin het. Hy het Christus nie die offergawe gegun wat
aan
[572]
Hom gebring is nie. Sy hart het gebrand van jaloesie dat die
Heiland die ontvanger sou wees van ’n gawe geskik vir die konings
van die aarde. Vir n bedrag, veel minder as die waarde van die fles
nardus- salf, het hy sy Here verraai.
Die dissipels was nie soos Judas nie. Hulle het die Heiland
liefgehad. Maar hulle het nie Sy verhewe karakter reg begryp nie.
As hulle besef het wat Hy vir hulle gedoen het, sou hulle gevoel het
dat niks wat aan Hom gegee word, verkwis is nie. Die wyse manne
uit die Ooste, wat so min van Jesus geweet het, het ’n beter besef
gehad van die eer wat Hom toegekom het. Hulle het kosbare gawes
aan die Heiland gebring en Hom hulde betoon toe Hy nog ’n kindjie
was daar in die krip.