508
DIE KONING VAN DIE EEUE
Maria het self nie die volle betekenis van haar liefdedaad begryp
nie. Sy sou haar beskuldigers nie kon geantwoord het nie. Sy sou
nie kon verklaar waarom sy juis daardie geleentheid gebruik het vir
die salwing van Jesus nie. Die Heilige Gees het haar gelei, en sy het
Sy leiding gehoorsaam. Die ingewing buig hom nie neer om redes te
gee nie. Dit is ’n onsigbare teenwoordigheid wat tot die verstand en
die siel spreek en die hart beweeg tot dade. Hy is sy eie regverdiging.
Christus het die betekenis van Maria se daad verklaar, en deur
dit te doen, het Hy haar meer gegee as wat Hy ontvang het. “Toe
sy hierdie salf op My liggaam uitgegooi het,” het Hy gesê, “het sy
dit gedoen met die oog op My begrafnis.” Net soos die albaste-fles
gebreek is en die hele huis met die soet geur vervul het, so sou
Christus sterf; Sy liggaam sou verbreek word; maar Hy sou uit die
graf opstaan en die geur van Sy lewe sou die hele aarde vervul.
Christus het ons liefgehad en Hom vir ons oorgegee “as ’n gawe en
offer aan God tot ’n lieflike geur.” Efe. 5: 2.
“
Voorwaar Ek sê vir julle,” het Christus gesê, “orals waar hierdie
evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek
word van wat sy gedoen het, tot ’n gedagtenis aan haar.” Waar Hy
in die toekoms gesien het, het die Heiland met sekerheid gepraat
aangaande Sy evangelie. Dit sou verkondig word oor die hele wê-
reld. En so ver as die evangelie verbrei sou word, sou die lieflike
geur van Maria se gawe afgegee, en harte geseën word deur haar
ongekunstelde daad. Koninkryke sou verrys en ten gronde gaan;
die name van konings en veroweraars sou vergeet word; maar die
daad van hierdie vrou sou verewig word in die gewyde geskiedenis.
[571]
Tot die einde van tyd sou die albaste-fles die storie vertel van die
grenslose liefde van God vir ’n gevalle geslag.
Maria se daad sou baie skerp afsteek by die werk wat Judas op
die punt gestaan het om te doen. Hoe hard kon Christus die een
bestraf het wat die saad van kritiek en bose gedagtes geplant het in
die harte van die dissipels! Met watter regverdigheid kon Hy die
aanklaer aan- gekla het! Hy wat die motiewe van elke hart kan sien,
en elke daad verstaan, kon daar by die fees die duister hoofstukke in
die lewe van Judas geopenbaar het. Die huigelagtige voorwendsel
waarmee die verraaier sy woorde wou stut, kon geopenbaar gewees
het; want in stede van werklik met die armes te simpatiseer, het
hy die geld gesteel wat vir die leniging van hulle lot bestem was.