Die Maaltyd in Simon se Huis
507
Sy geveinsde jammerhartigheid vir die armes het hulle bedrieg, en
sy listige skimp het hulle beweeg om Maria se liefde met agterdog
te bejeën. Rondom die tafel is daar gemompel, “Waarvoor is hierdie
verkwisting? Want hierdie salf kon duur verkoop en die geld vir die
rmes gegee gewees het.”
Maria het hierdie woorde van kritiek gehoor. Sy het in haar
binneste gebewe. Sy was bevrees dat haar suster haar sou bestraf vir
haar spandabelheid. Ook die Meester mag dink dat sy spandabelrig
is. Sonder verskoning of ekskuus wou sy wegsluip, toe sy die stem
van haar Here hoor, “Laat haar staan, waarom maak julle vir haar
dit moeilik?” Hy het gesien dat sy baie verleë en ongemaklik gevoel
het. Hy het geweet dat sy deur hierdie daad getuig het van haar
dankbaarheid vir die vergifnis van haar sondes, en Hy het haar gerus
gestel. Sodat Sy stem gehoor kon word bokant die gemompelde
kritiek, het Hy gesê, “Sy het n goeie werk aan My gedoen. Want
die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan
hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie. Wat sy kon, het sy
gedoen. Sy het vooruit al My liggaam vir die begrafnis gesalf.”
Die welriekende gawe wat Maria gemeen het om uit te giet op
die lewenlose liggaam van die Hpiland, het sy nou op Sy lewende
liggaam uitgegiet. By die begrafnis sou die soete geur maar net die
graf vervul het; maar nou het dit Sy hart blygemaak met die verseke-
ring van haar geloof en liefde. Josef van Arimathea en Nikodemus
het nie hulle liefdegawe aan Jesus geoffer in Sy lewe nie. Met bittere
trane het hulle hulle kosbare salf gebring vir Sy koue, lewenlose
liggaam. Die vroue wat hulle speserye na die graf gebring het, het
dit tevergeefs gedoen, want Hy was nie meer in die graf nie. Maar
[569]
[570]
Maria wat haar liefde aan die Heiland bewys het terwyl Hy dit kon
sien, het Hom gesalf vir die begrafnis. Toe Hy in die duisternis van
Sy groot beproewing ingaan, het Hy aan daardie daad gedink —’n
pand van die liefde van die verlostes wat Syne vir altyd sal wees.
Daar is vele wat hulle kosbare gawes vir die dode bring. Waar
hulle by die koue, stille liggaam staan, spreek hulle vryelik woorde
van liefde. Tederheid, waardering, liefde — dit alles word uitgestort
op een wat niks kan sien of hoor nie. As daardie woorde sou gespreek
gewees het toe die vermoeide gees hulle so bitter nodig gehad het,
toe die oor nog kon hoor en die hart nog kon voel, hoe kosbaar sou
hulle soete geur dan gewees het!