506
DIE KONING VAN DIE EEUE
het Jesus hoor praat van Sy naderende dood, en uit haar diepe liefde
en droefheid wou sy aan Hom eer bewys. Teen groot persoonlike
opoffering het sy ’n albaste-fles “kosbare nardussalf” gekoop om Sy
liggaam mee te salf. Maar nou het sy baie mense hoor sê dat Hy as
koning gekroon sou word. Haar droefheid het in vreugde verander,
en sy wou graag eerste wees om haar Here te vereer. Sy het die fles
met salf gebreek en die inhoud daarvan op die hoof en voete van
Jesus uitgegiet; en toe het sy, wenende, neergekniel en Sy voete met
haar trane natgemaak en dit met haar lang, golwende hare afgedroog.
Sy het geprobeer om dit ongemerk te doen, en miskien sou sy
dit reggekry het, maar die heerlike geur van die salf het die hele
kamer vervul, en haar daad aan almal verraai. Judas het hierdie
daad met misnoeë aanskou. Pleks van te wag en te hoor wat Christus
daarvan sou sê, het hy begin kla teenoor diegene langs hom, en hy het
Christus dit kwalik geneem omdat Hy sulke verkwisting toegelaat
het. Op listige wyse het hy dinge gesê wat moontlik ontevredenheid
kon ver- oorsaak.
Judas het die beurs gedra vir die dissipels, en van die bietjie geld
het hy vir homself gesteel, sodat daar vir hulle baie min oor was.
Hy was gretig om alles wat hy in die hande kon kry in die beurs te
plaas. Daar is dikwels van die geld gebruik om die armes te help,
en wanneer iets wat Judas as onnodig beskou het, gekoop is, het
hy altyd gesê: Waarom hierdie verkwisting? Waarom is die waarde
van die goed nie in die beurs gestort wat ek vir die armes dra nie?
Hierdie daad van Maria het so afgesteek by sy selfsug dat hy in die
skande gesteek is, en soos hy gewoond was, het hy ’n gegronde rede
probeer gee vir sy beswaar teen haar gawe. Hy het hom tot die dis
sipels gewend en gevra: “Waarom is hierdie salf nie verkoop vir
[568]
driehonderd pennings en die geld vir die armes gegee nie? En dit
het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat
hy ’n dief was en die beurs gehad het en van die bydraes geneem
het.” Judas het geen gevoel vir die armes gehad nie. As Maria se salf
verkoop sou gewees het en die geld in sy besit gekom het, sou die
armes daar niks van gesien het nie.
Judas het ’n hoë dunk gehad van sy eie bekwaamheid om sake te
bestuur. As finansier het hy gemeen dat hy uitgemunt het bokant sy
mededissipels, en hy het hulle beweeg om ook so oor hom te dink.
Hy het hulle vertroue gewin, en hy het groot invloed oor hulle gehad.