Die Maaltyd in Simon se Huis
505
om Jesus te sien en te hoor. Die algemene vraag was of Lasarus Hom
sou vergesel na Jerusalem, en of die Profeet tydens die Paasfees ge-
kroon sou word as koning. Die priesters en die owerstes het gesien
dat hulle gesag oor die volk nog steeds verminder het, en hulle woede
teen Jesus het meer verbitterd geword. Hulle kon skaars wag vir die
ge- leentheid om Hom vir ewig uit die weg te ruim. Met verloop
van tyd het hulle begin vrees dat Hy miskien nie na Jerusalem sou
kom nie. Hulle het onthou hoeveel maal Hy al hulle moordplanne
verydel het, en hulle was bang dat Hy nou weer hulle planne teen
Hom agter- gekom het, en sou wegbly. Hulle kon hulle angs skaars
verberg, en hulle het onder mekaar gevra, “Wat dink julle, sal Hy
nie na die fees kom nie?”
Die priesters en Fariseërs het ’n vergadering belê. Sedert die
opwekking van Lasarus was die gevoel van die volk so sterk ten
gunste van Christus dat dit ’n waagstuk sou gewees het om Hom
in die openbaar gevange te neem. Daarom het die gesaghebbendes
besluit om Hom heimelik te arresteer en die verhoor so stil moontlik
te laat geskied. Hulle het gehoop dat die wispelturige openbare
mening weer in hulle guns sou swaai sodra Sy veroordeling bekend
word.
Dus het hulle besluit om Jesus te vernietig. Maar solank Lasarus
nog lewe, het die priesters en rabbi’s gevoel dat hulle posisie nie
veilig was nie. Die opwekking van ’n man wat vier dae in die graf
was, sou vroeër of later reaksie bring. Die volk sou hulle wreek op
hulle leiers omdat hulle die lewe geneem het van die Een wat so ’n
wonder kon doen. Die Sanhedrin het derhalwe besluit dat Lasarus
ook moet sterf. Dit is die uiterstes waartoe jaloesie en vooroordeel
hulle slawe lei. Die haatdraendheid en ongeloof van die Joodse leiers
het toegeneem, sodat hulle selfs die lewe sou neem van die een wat
[567]
deur Gods almag uit die graf verlos is.
Terwyl hulle besig was om hierdie planne te smee in Jerusalem,
is Jesus en Sy vriende genooi na die maaltyd by Simon se huis. Aan
tafel het die Heiland gesit met Simon wat Hy van melaatsheid genees
het aan die een kant, en Lasarus wat Hy uit die dode opgewek het aan
die ander kant. Martha het by die tafel bedien, maar Maria het met
erns geluister na elke woord van die lippe van Jesus. Deur Sy genade
het Jesus haar sondes vergewe; Hy het haar geliefde broer uit die
dode opgewek, en Maria se hart was vervul met dankbaarheid. Sy