Page 508 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Maaltyd in Simon se Huis
SIMON van Betanië is beskou as ’n dissipel van Jesus. Hy was
een van die paar Fariseërs wat openlik by Christus se navolgers aan-
gesluit het. Hy het Jesus erken as ’n leraar, en gehoop dat Hy die
Messias mag wees, maar hy het Hom nie aangeneem as Verlosser
nie. Sy karakter het nie verander nie, en ook nie sy beginsels nie.
Simon is genees van melaatsheid, en dit was die rede waarom
hy hom tot Jesus aangetrokke gevoel het. Hy wou graag sy dank-
baarheid toon, en tydens Christus se laaste besoek aan Betanië, het
hy ’n maaltyd berei vir die Heiland en Sy dissipels. Die maaltyd
het baie van die Jode daar byeengebring. Daar was in hierdie tyd
groot opwinding in Jerusalem. Christus en Sy sending het nou meer
aandag as tevore getrek. Diegene wat na die maaltyd gekom het,
het Sy bewegings stip dopgehou, en sommige van hulle het dit met
onvriendelike oë gedoen.
Die Heiland het in Betanië gekom ses dae vóór die Paasfees,
en volgens gewoonte het Hy gaan rus by die huis van Lasarus. Die
skare van reisigers wat daarlangs is op weg na die stad het die nuus
versprei dat Hy op weg was na Jerusalem, en dat Hy vir die Sabbat
sou oorbly in Betanië. Daar het groot geesdrif geheers onder die
mense. Baie “het na Betanië gestroom, sommige uit medelyde met
Jesus, en ander uit nuuskierigheid om die een te sien wat uit die dode
opgewek is.”
[566]
Baie het verwag om van Lasarus te hoor van wonderbaarlike
tonele wat hy gesien het in sy dood. Hulle was verbaas dat hy hulle
niks kon vertel nie. Hy het niks gehad om te vertel nie. Die Bybel sê,
Die dooies weet glad niks nie. . . . Hulle liefde sowel as hulle haat,
ook hulle ywer, het lankal verdwyn.” Pred. 9:5, 6. Maar Lasarus het
op wonderbaarlike wyse getuig van die werk van Christus. Hy is uit
die dode opgewek vir daardie doel. Met sekerheid en krag het hy
verklaar dat Jesus die Seun van God is.
Die berigte wat teruggeneem is na Jerusalem deur die besoekers
by Betanië het die opwinding groter gemaak. Die mense was gretig
504