Saggeus
503
ons geneem het nie, maar ook alle wins wat daar sou gewees het
[564]
gedurende die tyd wat die goed in ons besit was.
Aan Saggeus het die Heiland gesê, “Vandag het daar redding vir
hierdie huis gekom.” Nie alleen is Saggeus self geseën nie, maar
ook sy hele huis saam met hom. Christus het na sy huis gegaan om
hom lesse van waarheid te gee en om sy huisgesin te onderrig in die
dinge van die koninkryk. Hulle was uit die sinagoges geban deur
die minagting van die rabbi’s en die aanbidders; maar nou, die mees
begunstigde gesin in die hele Jerigo, het hulle in hulle eie huis om
die goddelike Leraar gesit en vir hulleself die woorde van die lewe
gehoor.
Dit is wanneer Christus aangeneem word as persoonlike Verlos-
ser dat die saligheid tot die siel kom. Saggeus het Jesus ontvang in
sy huis, nie slegs as verbygaande gas nie, maar om in sy sieltempel
te woon. Die skrifgeleerdes en Fariseërs het hom veroordeel as son-
daar; hulle het gekla omdat Christus in sy huis as gas gegaan het,
maar die Here het hom erken as ’n kind van Abraham. Want “die
wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.” Gal. 3: 7.
[565]