502
DIE KONING VAN DIE EEUE
jy jou God.” Lev. 25: 35-37, 17. Hierdie woorde het Christus self
gespreek toe Hy in die wolkkolom was, en die eerste reaksie van
[563]
Saggeus op die liefde van Christus was om hom te ontferm oor die
armes en lydendes.
Onder die tollenaars was daar ’n verbond om mekaar te onder-
steun in hulle afpersing en hulle verdrukking van die mense. Deur
hulle afpersing het hulle slegs gedoen wat destyds al byna ’n al-
gemene gebruik was. Selfs die priesters en rabbi’s wat hulle verag
het, was self skuldig aan die verryking van hulleself deur oneerlike
gebruike onder die dekmantel van hulle heilige roeping. Maar sodra
Saggeus hom onderwerp het aan die invloed van die Heilige Gees,
het hy elke oneerlike gebruik versaak.
Geen bekering is opreg as dit nie ook hervorming bewerkstellig
nie. Die geregtigheid van Christus is nie ’n mantel om sondes wat
nie versaak is, te bedek nie; dit is ’n beginsel van die lewe wat die
karakter verander en ’n mens se dade beheers. Heiligheid is heel-
hartigheid vir God; dit is die volkome oorgawe van die hart en lewe
vir die inwoning van die beginsels van die hemel.
In sy besigheidslewe moet die Christen aan die wêreld toon hoe
sy Here besigheid sou doen. In elke transaksie moet dit duidelik
blyk dat God sy leraar is. “Heilig aan die Here,” moet geskryf wees
in hulle grootboeke, in hulle dokumente, op hulle kwitansies en op
hulle bewyse. Diegene wat bely dat hulle navolgers van die Here
is, en wat onregverdig handel, getuig vals teen die karakter van ’n
heilige, regverdige, en genadige God. Elke bekeerde siel sal, soos
Saggeus, getuig dat Christus in sy hart gekom het, deur die versaking
van die onregverdige praktyke wat eers sy lewe gekenmerk het. Soos
die hoof van die tollenaars, sal hy bewys lewer van sy opregtheid
deur vergoeding te doen. Die Here sê, “Gee die goddelose die pand
terug, vergoed hy wat geroof is, wandel hy in die insettinge van die
lewe, sodat hy geen onreg doen nie — ... al sy sondes wat hy gedoen
het, sal hom nie toegereken word nie; . . . hy sal sekerlik lewe.” Eseg.
33: 15, 16.
As ons ander benadeel het deur onregverdige besigheidstransak-
sies, as ons oneerlik was in die handel, of enige persoon bedrieg het,
al was dit ook binne die perke van die wet, behoort ons die verkeerde
dinge te bely, en sover as ons dit nog kan doen, moet ons vergoeding
doen. Dit sal niks minder as reg wees as ons nie net teruggee wat