Page 505 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Saggeus
501
skaars sy eie ore glo toe hy die woorde hoor, “Saggeus, maak gou
en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.”
Die skare het vir hom pad gemaak, en Saggeus, soos iemand wat
in ’n droom verkeer, het vooruit geloop na sy eie huis. Die rabbi’s
het alles met misnoeë gadegeslaan, en ontevrede en minagtend het
hulle gekla, “Hy het by ’n sondige man tuisgegaan.”
Saggeus was oorweldig, verbaas, en sprakeloos toe hy die liefde
van Christus sien, so neerbuigend as om Hom tot hom te wend
wat so on- waardig was. Nou het liefde en getrouheid aan sy nuwe
Meester sy mond ontsluit. Hy sal in die openbaar belydenis doen en
sy bekering toon.
In die teenwoordigheid van die skare het Saggeus “gestaan en
vir die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die
armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbeld
terug.gestaan en vir die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed
gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek
dit vierdubbeld terug.
Toe sê Jesus vir hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis
gekom aangesien hierdie man ook ’n seun van Abraham is.”
Toe die ryk jong owerste van Jesus weggegaan het, was die dis-
sipels verbaas oor hulle Meester se woorde, “Hoe swaar is dit vir
die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te
gaan!” Hulle het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?” Nou
het hulle ’n demonstrasie gesien van die waarheid van Christus se
woorde, “Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moont-
lik.” Markus 10: 24, 26; Lukas 18: 27. Hulle het gesien hoedat, deur
die genade van God, ’n ryk man in die koninkryk kan ingaan.
Voordat Saggeus die aangesig van Christus nog gesien het, het hy
al met die werk begin wat bewys het dat hy waarlik berou gehad het.
Voordat hy deur die mense beskuldig is, het hy sy sonde bely. Hy het
gehandel op die oortuiging van die Heilige Gees, en het begin om
die leer te gehoorsaam wat vir Israel van ouds geskryf is sowel as vir
ons. Lank gelede het die Here beveel: “As jou broer by jou verarm
en behoeftig word, dan moet jy hom ondersteun, as vreemdeling en
by- woner, dat hy by jou kan lewe. Jy moenie rente of wins van hom
neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe.
Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie
op wins gee nie.” “Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees