Page 504 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

500
DIE KONING VAN DIE EEUE
Jerigo af het Johannes die Doper by die Jordaan gepreek, en Saggeus
het die oproep tot bekering gehoor. Die opdrag aan die tollenaars,
Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie” (Lukas 3:
13),
alhoewel dit uiterlik veronag- saam is, het ’n indruk op hom
gemaak. Hy het die Skrifte geken, en hy het tot die oortuiging gekom
dat wat hy gedoen het, nie reg was nie. En nou, toe die woorde
van die groot Leraar aan hom oorvertel is, het hy gevoel dat hy ’n
sondaar was in die oë van God. Maar wat hy gehoor het van Jesus,
het hoop in sy hart laat ontstaan. Bekering, hervorming van die
lewe, was moontlik, selfs vir hom. Was een van die nuwe Leraar
se betroubaarste dissipels nie ’n gewese tollenaar nie? Saggeus het
dadelik begin handel volgens die oortuiging wat by hom posgevat
het, en hy het diegene wat hy veronreg het, vergoed.
Hy het alreeds die ander weg ingeslaan toe die nuus deur Jerigo
versprei dat Jesus die dorp binnegegaan het. Saggeus het besluit om
Hom te sien. Hy het begin besef hoe bitter die vrugte van die sonde
is, en hoe moeilik die pad is van die een wat probeer om die ou
verkeerde weg te verlaat. Om verkeerd verstaan te wees, en om met
agterdog en wantroue bejeën te word in sy pogings om verkeerde
dinge reg te maak, dit was swaar vir hom om te dra. Die hoof van
die tollenaars het verlang om die aangesig te sien van Hom wie se
woorde hoop in sy hart gebring het.
Die strate was vol mense, en Saggeus, wat kort van gestalte was,
kon niks oor die hoofde van die mense sien nie. Niemand wou vir
hom uit die pad staan nie. Hy het dus ’n endjie voor die skare uit
gehardloop tot waar die takke van ’n groot vyeboom oor die pad
gehang het; die ryk tollenaar het opgeklim en op een van die takke
gaan sit sodat hy die optog kon sien wanneer hulle onder deurloop.
[561]
Die skare het nader gekom en onder begin verbygaan, en Saggeus
het stip gekyk om die gestalte van die Een te sien wat hy so graag
wou sien.
Bokant die gepraat van die priesters en rabbi’s, en die welkoms-
krete van die menigte, het die onuitgesproke begeerte van die hoof-
tollenaar tot die hart van Jesus gespreek. Skielik, net onder die
vye- boom, het ’n groep tot stilstand gekom, die voor- en die agter-
hoede van die optog het ook gaan staan, en Iemand wie se blik
skynbaar die hart kan lees, het opgekyk. Die man in die boom kon
[562]