Page 503 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Saggeus
OP weg na Jerusalem het Jesus “in Jerigo gekom en daar deurge-
gaan.” ’n Paar myl van die Jordaan af, aan die westekant van die
vallei wat hier op ’n vlakte uitgeloop het, het die stad gelê te midde
van die welige tropiese plantegroei. Met sy palmbome en prag-
tige tuine, besproei deur lewende fonteine, het dit soos ’n smarag
geglinster tussen die kalkklipberge en droë slote tussen Jerusalem
en die stad van die vlakte.
Baie van die karavane op weg na die fees het deur Jerigo gereis.
Hulle aankoms was altyd ’n tyd van feesviering, maar nou was daar
iets anders waarin die mense belang gestel het. Dit was bekend
dat die Galilese Rabbi wat ’n rukkie gelede vir Lasarus uit die
dode opgewek het, ook onder die skare was; en alhoewel daar baie
fluistergerugte was van die planne van die priesters, was die skare
gretig om Hom hulde te betoon.
Jerigo was een van die stede wat in die ou dae afgesonder was
vir die priesters, en in hierdie tyd was ’n groot aantal priesters daar
woon- agtig. Maar die stad het ook ’n groot bevolking van ander
mense gehad. Dit was ’n handelsentrum, en Romeinse beamptes
en soldate, en vreemdelinge uit ander dele is daar aangetref; en die
invordering van doeanegelde het dit ook die tuiste gemaak van baie
tollenaars.
[560]
Saggeus, ’n hoof van die tollenaars,” was daar woonagtig; hy
was ’n Jood, en gehaat deur sy landgenote. Sy rang en rykdom
was die gevolg van ’n beroep wat hulle verafsku het, en soos hulle
gemeen het, was dit net ’n ander naam vir onreg en afpersing. Maar
hierdie ryk doeanebeampte was nie heeltemal die verharde man
van die wêreld wat hy voorgekom het nie. Onder die oppervlakte
van wêreldsgesind- heid en hoogmoed was daar ’n hart vatbaar vir
goddelike invloede. Saggeus het van Jesus gehoor. Die gerugte van
Hom wat so vriendelik en hoflik was teenoor die gehate klasse,
het heinde en ver versprei. By hierdie hoof van die tollenaars het
daar ’n begeerte ontstaan vir ’n beter lewe. Net ’n paar myl van
499