498
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die woorde van die apostel Paulus openbaar die waardigheid en
eer van die Christelike lewe: “Want alhoewel ek van almal vry was,
het ek my aan hulle almal diensbaar gemaak.” Ek soek nie my eie
voordeel nie, “maar die van baie, sodat hulle gered kan word.” 1 Kor.
9: 19; 10: 33.
In gewetesake moet die siel heeltemal vry wees. Die een moet
nie oor die ander se verstand heers nie, vir ’n ander oordeel nie, of
sy pligte vir hom voorskryf nie. God gee aan elke mens die vrye reg
om te dink en te handel volgens sy oortuigings. “So sal elkeen van
ons dan vir homself aan God rekenskap gee.” Die een persoon het
nie die reg om sy eie indiwidualiteit deur ’n ander te laat opneem
nie. In alle sake waar beginsel op die spel is, moet “elkeen in sy eie
gemoed ten volle oortuig wees.” Rom. 14: 12, 5.
In Christus se koninkryk is daar geen verdrukking, en geen
dwang nie. Die engele van die hemel kom nie na die aarde toe
om heerskappy te voer nie, of om hulde vir hulleself te soek nie,
maar as boodskappers van genade, en om met mense saam te werk
vir die opheffing van die mensdom.
Die beginsels, en selfs die bewoording van die Heiland se leer
het in hulle goddelike skoonheid gebly in die geheue van die geliefde
dis- sipel. Tot sy laaste dae was die kern van Johannes se getuienis
aan die kerke, “Dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor
het, dat ons mekaar moet liefhê.” “Hieraan het ons die liefde geken,
[558]
dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die
broeders af te lê.” 1 Joh. 3: 11, 16.
Dit was die gees van die vroeë kerk. Ná die uitstorting van die
Heilige Gees was die menigte wat gelowig geword het “een van hart
en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie.”
“
Want niemand onder hulle was behoeftig nie.” “En met grote krag
het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here
Jesus, en grote genade was oor hulle almal.” Hand. 4: 32, 34, 33.
[559]