Page 501 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Wet van die Nuwe Koninkryk
497
sal word in my liggaam,” het hy gesê, “of dit deur die lewe of deur
die dood is.” Filip. l: 21, 20.
Toe die tien hoor van die versoek van Jakobus en Johannes, was
hulle baie ontevrede. Die hoogste plek in die koninkryk was juis wat
elkeen van hulle vir homself begeer het, en hulle was kwaad dat die
twee dissipels ’n skynbare voorsprong oor hulle gekry het.
Dit het gelyk of die twis oor wie die grootste sou wees, hervat
sou word; toe het Jesus hule geroep en aan die verontwaardigde
dissipels gesê. “Julie weet dat die wat gereken word as owerstes van
die nasies, oor hulle heers, en hulle groot manne oor hulle gesag
uitoefen; maar so moet dit onder julle nie wees nie.”
In die koninkryke van die wêreld het posisie selfverheerliking
beteken. Die mense is veronderstel om te lewe vir die voordeel van
die regerende klasse. Die leiers het invloed, rykdom en opvoeding
as middels gebruik om beheer te kry oor die massas. Die hoër klasse
moes dink, en geniet, en heers; die laer klasse moes gehoorsaam
en dien. Die godsdiens, soos alle ander dinge, was ’n kwessie van
gesag. Van die mense is verwag om te glo en te doen volgens die
voorskrifte van hulle meerderes. Die reg van die mens as mens, om
vir homself te dink en te handel, was nie erken nie.
Christus was besig om ’n koninkryk op te rig wat op ander
beginsels berus het. Hy het mense geroep, nie om gesag te voer nie,
maar om te dien; die sterkes moes die swakhede van die swakkes
dra. Mag, posisie, talente, en opvoeding, het diegene wat dit gehad
het onder groter verpligting gebring om hulle medemens te dien.
Aan selfs die nederigste van Christus se dissipels word gesê, “Want
[557]
dit is alles om julle ontwil.” 2 Kor. 4: 15.
Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word
nie, maar om te dien en Sy siel te gee as ’n losprys vir baie.” Onder
Sy dissipels was Christus in alle opsigte ’n versorger, ’n lasdraer.
Uit Sy armoede was Hy mededeelsaam; Hy het homself verloën
vir hulle ontwil; Hy het voor hulle uitgegaan om die pad maklik te
maak, en eerlank sou Hy Sy werk op die aarde afsluit deur Sy lewe
neer te lê. Die beginsel waarvolgens Christus gehandel het, moet ook
die lede van die kerk, wat Sy liggaam is, besiel. Die hele grondslag
van die verlossing is liefde. In die koninkryk van Christus is diegene
die grootste wat die voorbeeld naleef wat Hy gegee het, en optree as
herders van Sy kudde.