Page 500 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

496
DIE KONING VAN DIE EEUE
die lyding van hulle Meester; die een sou die eerste van die broeders
wees wat deur die swaard sou omkom; die ander een sou die langste
moet swoeg, en smaad en vervolging verdra.
Maar om te sit aan My regter- en aan My linkerhand,” het Hy
voortgegaan, “is nie vir My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir
wie dit deur My Vader toeberei is.” In die koninkryk van God word
posisies nie verkry deur begunstiging nie. Dit word nie verdien nie
en ook word dit nie op arbitrêre wyse gegee nie. Dit word bepaal
deur karakter. Die kroon en die troon is die sinnebeelde van ’n
toestand wat bereik is; hulle is die sinnebeelde van die oorwinning
oor die eie-ek deur ons Here Jesus Christus.
Lank daarna, toe die dissipel in volkome ooreenstemming met
Jesus gebring is deur gemeenskap aan Sy lyde, het die Here aan
Johannes geopenbaar wat die voorwaarde is vir nabyheid aan Hom
in Sy koninkryk. “Aan hom wat oorwin,” het Christus gesê, “sal Ek
gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en
saam met My Vader op Sy troon gaan sit het.” “Wie oorwin, Ek sal
hom n pilaar in die tempel van My God maak, en hy sal daar nooit
weer uit- gaan nie; en Ek sal op hom die Naam van My God skrywe,
. . .
en My nuwe Naam.” Openb. 3: 21, 12. So het Paulus geskrywe:
Want ek word alreeds as drankoffer uitgegiet en die tyd van my
heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop
voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die
kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my
in die dag sal gee.” 2 Tim. 4: 6-8.
[556]
Die een wat die naaste aan Christus sal staan, sal hy wees wat op
die aarde die diepste gedrink het van Sy gees van selfopofferende
liefde die liefde wat nie groot praat nie, wat nie opgeblase is nie
...
wat nie eiebelang soek nie, wat nie verbitterd word nie, en wat
geen kwaad toereken nie. (1 Kor. 13: 4, 5.) Dit is ’n lief de wat die
dissipels beweeg, net soos dit onse Here beweeg het, om alles te
gee, om te lewe en te werk en op te offer, selfs tot die dood toe,
vir die redding van die mensdom. Hierdie gees het Paulus in sy
lewe geopen- baar. Hy het gesê, “Vir my is die lewe Christus;” want
sy lewe het Christus aan die mense geopenbaar; “en die sterwe
wins”—wins vir Christus. Selfs die dood sou die krag van Sy genade
openbaar en siele na Hom toe trek. “Dat Christus . . . groot gemaak