Page 499 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Wet van die Nuwe Koninkryk
495
Johannes, die seun van Sebedeus, was een van die eerste twee
dissipels wat Jesus gevolg het. Hy en sy broer Jakobus was in die
eerste groep wat alles vir Sy diens verlaat het. Blymocdig het hulle
huis en vriende verlaat sodat hulle by Hom kon wees. Hulle was by
Hom in die private, huislike lewe, en in die openbare vergaderings.
Hy het hulle vrees verban, hulle uit gevaar verlos, hulle nood gelenig,
hulle vertroos in droefheid, en hulle met geduld en sagmoedigheid
geleer totdat hulle gevoel het dat hulle harte met Syne verbind was,
en in die ywer van hulle liefde wou hulle graag die naaste aan Hom
wees in Sy koninkryk. By elke moontlike geleentheid, het Johannes
sy plek ingeneem langs die Heiland, en Jakobus het ook verlang na
die eer van noue omgang met Hom.
Hulle moeder was ’n volgeling van Christus, en sy het Hom vry-
elik bedien met haar besittings. Met ’n moeder se liefde en ambisie
vir haar seuns, het sy vir hulle die hoogste posisies begeer in die
nuwe konink- ryk. Sy het hulle aangemoedig om daarvoor te vra.
Die moeder en haar seuns het saam na Jesus gekom, en Hom
gevra om die versoek toe te staan wat in hulle harte was.
Wat wil julle hê, moet Ek vir julle doen?” het Hy gevra.
Die moeder het geantwoord: “Sê dat hierdie twee seuns van my
in U koninkryk mag sit, een aan U regter- en een aan U linkerhand.”
Jesus was lankmoedig teenoor hulle, en het hulle nie bestraf oor
hulle selfsug deur eer te soek bo hulle broeders nie. Hy het hulle
harte gelees, en geweet van hulle groot liefde vir Hom. Hulle liefde
was nie bloot menslike liefde nie; alhoewel dit besoedel was deur
die aardsgesindheid van die menslike kanaal, het dit gevloei uit die
[555]
fontein van Sy eie verlossende liefde. Hy sou hulle nie bestraf nie,
maar hulle liefde verdiep en reinig. Hy het gevra: “Kan julle die
beker drink wat Ek aanstonds gaan drink, en gedoop word met die
doop waarmee Ek gedoop word?” Hulle het hulle die geheimsinnige
woorde herinner wat verwys het na Sy verhoor en lyde, maar nogtans
beslis geantwoord, “Ons kan.” Hulle sou dit as die grootste eer
beskou om hulle lojali- teit aan Hom te bewys deur te deel in alles
wat oor hulle Here sou kom.
Die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee
Ek gedoop word, sal julle gedoop word,” het Hy gesê; voor Hom was
die kruis pleks van ’n troon, met twee misdadigers as Sy met- geselle
aan Sy regter- en aan Sy linkerhand. Johannes en Jakobus sou deel in