Page 498 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Wet van die Nuwe Koninkryk
DIT het haas tyd geword vir die Paasfees, en weer was Jesus op
weg na Jerusalem. In Sy hart het die vrede geheers van volkome
eenstemmigheid met die Vader se wil, en verwagtend het Hy Sy
voetstappe gewend na die offerplek. Maar in die gemoed van die
dissipels was daar ’n gevoel van geheimsinnigheid, twyfel, en vrees.
Die Heiland “het voor hulle uitgegaan, en hulle was verbaas; en
terwyl hulle volg, het hulle gevrees.”
Weer het Christus die twaalf na Hom toe geroep, en nog meer
bepaald as voorheen gespreek oor Sy verraad en lyde. “Kyk,” het
Hy gesê, “ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete
geskryf is, sal aan die Seun van die mens vervul word. Want Hy sal
oorge- lewer word aan die heidene en bespot word en mishandel
word, en op Hom sal gespuug word; en nadat hulle Hom gegésel
het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
Maar hulle het niks hiervan begryp nie en hierdie woord was vir
hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.”
Het hulle dan nie net ’n rukkie tevore die boodskap verkondig
nie, “Die koninkryk van die hemele het naby gekom”? Het Christus
[553]
[554]
dan nie self gesê dat vele saam met Abraham, Isak, en Jakob in die
koninkryk van God sal aansit nie? Het Hy nie die belofte gegee dat
almal wat iets om Sy ontwil opgegee het ’n honderdvoud in hierdie
lewe sou hê, en ’n aandeel in die koninkryk van God nie? En het Hy
nie aan die twaalf die spesiale belofte gegee van posisies van groot
eer in Sy koninkryk — naamlik dat hulle op twaalf trone sou sit en
die twaalf stamme van Israel sou oordeel nie? En nou weer het Hy
gesê dat alles wat die profete aangaande Hom geskryf het, vervul
sou word. En het die profete nie geskryf van die heerlikheid van die
Messiasryk nie? In die lig van hierdie gedagtes, was Sy woorde oor
Sy verraad, vervolging en dood vir hulle vaag en newelagtig. Watter
moeilikhede daar ook al mag wees, het hulle geglo dat Sy koninkryk
eerlank opgerig sou word.
494