Page 497 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Priesters Hou Saam Raad”
493
was nie vir Hom om die krisis te verhaas nie, en Hy het Homself
uit daardie gebied onttrek en Sy dissipels saam met Hom. So het
Jesus weer deur Sy eie voorbeeld die leer nageleef wat Hy aan Sy
dissipels gegee het, “Wanneer hulle julle vervolg in die een stad,
vlug na die ander toe.” Matt. 10: 23. Daar was ’n groot gebied om in
te werk vir die redding van siele; en tensy getrouheid aan Hom dit
nodig gemaak het, moes die dienaars van die Here nie hulle lewe in
gevaar stel nie.
Jesus het nou drie jaar van openbare diens aan die wêreld gegee.
Sy voorbeeld van selfverloëning en onbaatsugtige weldadigheid het
hulle altyd voor hulle gehad. Sy lewe van reinheid, van lyding en
toe- wyding, was bekend aan almal. Maar hierdie kort tydperk van
drie jaar was die langste wat die wêreld kon uithou in die teenwoor-
digheid van sy Verlosser.
Sy lewe hier op aarde was een van vervolging en belediging. Uit
Betlehem verdryf deur ’n nydige koning, deur Sy eie mense verwerp
in Nasaret, sonder oorsaak tot die dood veroordeel in Jerusalem,
het Jesus, met Sy paar getroue volgelinge ’n tydelike toevlugsoord
gevind in ’n vreemde dorp. Hy wat altyd die menslike ellende gevoel
het, wat die siekes genees het, wat die gesig aan die blindes gegee
het, die dowes laat hoor het, die stommes laat praat het, wat die
hongeriges gevoed en die treurendes vertroos het, is verjaag onder
die mense vir wie se redding Hy gekom het. Hy wat op die woeste
bare gewandel en deur ’n woord hulle onstuimigheid gestil het, wat
duiwels uit- gewerp het, terwyl hulle uitgaan, Hom erken het as
die Seun van God, wat die slaap van die dode onderbreek het, wat
duisende geboei het deur Sy woorde van wysheid, was nie in Staat
om die harte te bereik van diegene wat verblind was deur vooroordeel
en haat, en wat hard-nekkig die lig verwerp het nie.
[552]