524
DIE KONING VAN DIE EEUE
haar hande met Sy bloed te bevlek. As Jerusalem maar tot inkeer
wou kom, was dit nog nie te laat nie. Terwyl die laaste strale van
die ondergaande son nog op die tempel en torings geval het, sou
daar nie miskien ’n goeie engel wees om haar te lei na die Heiland
se liefde en so haar ondergang te verhoed nie? Skone en onheilige
stad, wat die profete gestenig, en die Seun van God verwerp het, en
wat haarseif deur haar onboetvaardigheid in die boeie van slawerny
slaan haar dag van genade was byna gedaan!
Maar nog eens spreek die Gees van God tot Jerusalem. Voordat
die dag gedaan was, is daar weer vir Christus getuig. Daardie stem
het opgegaan uit die profetiese verlede. As Jerusalem gehoor sou
gee aan daardie roepstem, as sy die Heiland sou ontvang wat nou
haar poorte binnegaan, kon sy nog gered word.
Berigte is in Jerusalem ontvang dat Jesus die stad nader met n
groot skaar van mense. Maar daar is geen welkomsgroet vir die Seun
van God nie. Toe die skare van die Olyfberg wou afdaal, het die
owerstes hulle tegemoet gekom. Hulle verneem na die oorsaak van
die gejuig. Op hulle vraag, “Wie is hierdie man?” het die dissipels,
onder die gees van inspirasie, die vraag beantwoord. Met welspre-
kendheid het hulle die profesiee aangaande Christus aangehaal:
[588]
Adam sal u sê, Dit is die saad van die vrou wat die kop van die
slang sou verbrysel
Vra Abraham, en hy sal u sê, Dit is “Melgisedek, die Koning
van Salem,” die Vredevors. Gen. 14: 18.
Jakob sal u vertel, Hy is Silo uit die stam van Juda.
Jesaja sal u sê, “Immanuel,” “Wonderbaar, Raadsman, Sterke
God, Ewige Vader, Vredevors.” Jes. 7: 14; 9: 5.
Jeremia sal u sê, Die Spruit uit Dawid, “die Here ons geregtig-
heid.” Jer. 23: 6
Daniël sal u vertel, Hy is die Messias.
Hosea sal u sê, Hy is “Here God van die leërskare, Here is sy
gedenknaam.” Hosea 12: 6
Johannes die Doper sal u sê, “Die Lam van God wat die
sonde van die wêreld wegneem.” Joh. 1: 29.
Die magtige Jehova het van sy troon verklaar, “Dit is My geliefde
Seun in wie Ek ’n welbehae het.” Matt. 3: 17