Page 495 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Priesters Hou Saam Raad”
491
Sadduseërs, trots, vermetel, roekeloos, eersugtig, en wreed, en hier-
die karaktereienskappe het hulle bedek onder ’n mantel van ge-
veinsde geregtigheid. Kajafas het die profesieë ondersoek, en alhoe-
wel hy nie hulle betekenis verstaan het nie, het hy met die grootste
gesag en seker- heid gesê: “Julle weet niks nie en dink nie daaraan
dat dit voordelig is vir ons dat een man vir die volk sterwe en nie
die hele nasie omkom nie.” Selfs al was Jesus onskuldig, het die
hoëpriester aangevoer, moes Hy uit die weg geruim word. Hy was
lastig, het die mense agter Hom aan getrek, en die gesag van die
owerstes verswak. Hy was maar een, en dit sou beter wees as Hy
sterf liewer as dat die gesag van die owerstes ondermyn word. As
die mense vertroue sou verloor in hulle owerstes, sou hulle nasionale
krag vernietig word. Kajafas het aangevoer dat die navolgers van
Jesus ná hierdie wonderwerk heel waar- skynlik in opstand sou kom.
Dan sou die Romeine kom, het hy gesê, en ons tempel sluit, ons
wette afskaf, en ons as volk vernietig. Wat is tog die lewe van hierdie
Galileër vergeleke met die lewe van die volk? As Hy in die pad staan
van Israel se welvaart, sou ons dan nie aan God ’n diens bewys as
ons Hom uit die weg ruim nie? Dit sou voordeliger wees as een man
sterf as dat die hele volk vernietig word.
Deur te sê dat een man vir die volk moes sterf, het Kajafas getoon
dat hy ’n bietjie kennis van die profesieë gehad het, alhoewel dit
maar baie beperk was. Maar Johannes, in sy beskrywing van hierdie
toneel, het die profesie opgeneem en gewys op die dieper betekenis
daarvan. Hy sê, “En nie alleen vir die volk nie, maar ook om die
kinders van God wat verstrooi was, tot ’n eenheid saam te voeg.”
Hoe het die trotse Kajifas blindelings die sending van die Heiland
erken!
[550]
Op die lippe van Kajafas is hierdie kosbare waarheid in ’n leuen
verander. Die beleid wat hy voorgestaan het, is ontleen aan ’n hei-
dense beginsel. Onder die heidene het die floue besef dat iemand sou
sterf vir die menslike geslag daartoe aanleiding gegee dat menslike
slag- offers geoffer is. Wat Kajafas voorgestel het, was dat Jesus ge-
offer moes word om die skuldige nasie te red, nie van oortreding nie,
maar in hulle oortreding, sodat hulle in die sonde mag voortlewe. En
deur hierdie redenasie het hy gemeen om die besware te beantwoord
van diegene wat die moed gehad het om te sê dat daar in Jesus nog
niks gevind is wat die dood verdien het nie.