Page 494 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

490
DIE KONING VAN DIE EEUE
sindheid as nou nie. Verdeeld soos hulle voorheen was, was hulle
nou eenstemmig in hulle teenstand teen Christus. By vorige raadsver-
gaderings kon Nikodemus en Josef dit verhoed dat Jesus veroordeel
word, en dit was om hierdie rede dat hulle nou ontbied is. In die raad
was daar ander in- vloedryke manne teenwoordig wat in Jesus geglo
het, maar hulle invloed was magteloos teen die van die kwaadwillige
Fariseërs.
Maar al die raadslede was dit nie eens nie. Die Sanhedrin was
in daardie tyd nie ’n geregtelike liggaam nie. Dit het voortbestaan
deur die guns van die Romeine. Sommige van die lede het getwyfel
aan die raadsaamheid om Christus om die lewe te bring. Hulle het
gevrees dat dit ’n opstand onder die volk sou verwek, wat as gevolg
sou hê dat die Romeine die priesterdom nie verder sou begunstig nie,
en die mag wat hulle nog gehad het, sou ontneem. Die Sadduseërs
het Christus almal gehaat, maar hulle was geneig om versigtig te
wees in wat hulle gedoen het, vresende dat die Romeine hulle sou
onthef van hulle hoë posisie.
In hierdie raadsvergadering, saamgeroep met die doel om planne
te maak vir die dood van Christus, was die Getuie teenwoordig wat
lank tevore die trotse woorde van Nebukadnesar gehoor het, wat die
afgo- diese feesmaal van Belsasar gesien het, en wat teenwoordig
was toe Christus Homself as die Gesalfde verklaar het. Hierdie
Getuie het nou ook die owerstes beïnvloed in die werk wat hulle
gedoen het. Gebeurtenisse in die lewe van Christus het voor hulle
opgedoem met ’n helderheid wat hulle ontstel het. Hulle het die
toneel in die tempel onthou, toe Jesus as kind van twaalf jaar, voor
[549]
die geleerde doktore van die wet gestaan, en vrae aan hulle gestel
het wat hulle verbaas het. Die wonder wat Hy so pas gedoen het,
het getuig dat Jesus niemand anders was as die Seun van God nie.
Die Ou Testamentiese skrifgedeeltes aangaande Christus het in hulle
ware betekenis deur hulle brein geflits. Verbyster en ontstel het die
owerstes gevra, “Wat salons doen?” Daar was verdeeldheid in die
raad. Onder die invloed van die Heilige Gees kon die priesters en
die owerstes nie die oor- tuiging afskud nie dat hulle besig was om
teen God te veg.
Toe die vergadering ten einde raad was, het Kajafas, die hoë-
priester, opgestaan. Kajafas was ’n hoogmoedige en wrede man,
heers- sugtig en onverdraagsaam. Onder sy familiebetrekkings was