“
Die Priesters Hou Saam Raad”
489
die wonderwerk kon nie weggeredeneer word nie, en hoe om die
uitwerking daarvan te bestry, het hulle nie geweet nie. Tot dusver
was die Sadduseërs nie ten gunste daarvan om Christus om die lewe
te bring nie, maar ná die opwekking van Lasarus het hulle besluit
dat hulle alleen deur Sy dood Sy onver- skrokke veroordelings sou
kon beëindig.
Die Fariseërs het geglo in die opstanding, en hulle kon nie help
om te sien dat hierdie wonderwerk die bewys is dat die Messias
onder hulle was nie. Maar hulle het altyd Sy werk teengestaan. Hulle
het Hom van die begin af gehaat omdat Hy hulle skynheiligheid aan
die kaak gestel het. Hy het die mantel van die strenge seremonies
waarmee hulle hulle onsedelikheid bedek het, afgeskeur. Die reine
godsdiens wat Hy geleer het, het hulle geveinsde vroomheid ver-
oordeel. Hulle het gedors na weerwraak op Hom oor Sy snydende
bestraffings. Hulle het geprobeer om Hom uit te tart om iets te sê of
te doen wat hulle grond sou gee om Hom te veroordeel. Verskeie
maal het hulle probeer om Hom te stenig, maar Hy het Hom stil
onttrek en hulle kon Hom nie vind nie.
Die wonderwerke wat Hy op die Sabbat gedoen het, was almal
om verligting te bring aan siekes, maar die Fariseërs wou Hom op
grond daarvan veroordeel as ’n Sabbatskender. Hulle het geprobeer
om die Herodiane teen Hom op te wek. Hulle het Hom voorgestel
as iemand wat ’n mededingende koninkryk wou stig, en hulle het
planne bespreek hoe om Hom dood te maak. Om die Romeine teen
Hom op te wek, het hulle Hom voorgestel as iemand wat hulle gesag
wou ondermyn. Hulle het alles moontlik geprobeer om Hom te belet
[548]
om die mense te beïnvloed. Maar tot dusver het al hulle pogings
misluk. Die skares wat getuies was van Sy werk van genade, en Sy
rein en heilige leer gehoor het, het geweet dat dit nie die dade en
woorde was van ’n Sabbatontheiliger of godslasteraar nie. Selfs die
dienaars wat deur die Fariseërs gestuur is, het so onder die invloed
van Sy woorde gekom dat hulle Hom nie in hegtenis kon neem
nie. Desperaat het die Jode eindelik ’n edik uitgevaardig dat enige
persoon wat geloof in Jesus bely, uit die sinagoge geban moes word.
Waar die priesters, die owerstes, en die ouderlinge vergader het
vir beraadslaging, was dit hulle bepaalde doel om die Een stil te
maak wat sulke wonderwerke gedoen het dat al die mense verbaas
was. Die Fariseërs en Sadduseërs was nog nooit so na aan eensge-