Page 492 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Priesters Hou Saam Raad”
BETANIË was so naby Jerusalem dat die nuus van die opwek-
king van Lasarus gou in die stad versprei is. Deur spioene wat die
wonderwerk gesien het, is die Joodse owerstes spoedig op hoogte
gebring van die feite. Dadelik is daar ’n vergadering van die Sanhe-
drin belê om te besluit wat gedoen moes word. Christus het nou ten
volle Sy mag oor die dood en die graf geopenbaar. Daardie magtige
wonderwerk was die kroonstuk van die bewyse wat God aan die
mense gegee het dat Hy Sy Seun in die wêreld gestuur het vir hulle
verlossing. Dit was ’n openbaring van goddelike krag, genoeg om
enige persoon te oortuig wat by sy volle positiewe was en wie se
gewete verlig was. Baie wat die opwekking van Lasarus gesien het,
het gelowig geword in Jesus. Maar die haat van die priesters teen
Hom het heftiger geword. Hulle het al die mindere bewyse van Sy
godheid verwerp, en hierdie nuwe wonderwerk het hulle net woe-
dender gemaak. Die dode is opgewek, helder oordag, en voor ’n
skare van toeskouers. Daar kon nie gesê word dat die wonder deur
n slenterslag geskied het nie. Juis om hierdie rede het die woede
van die priesters groter geword, en hulle was meer vasberade as ooit
om ’n einde te maak aan Christus se werk.
[547]
Die Sadduseërs, alhoewel hulle Christus nie goedgesind was
nie, was nie met soveel kwaadwilligheid teen Hom besiel soos die
Fariseërs nie. Hulle haat was nie so bitter nie. Maar nou was hulle
heeltemal ontstel. Hulle het nie geglo in die opstanding van die
dode nie. Hulle het die sogenaamde wetenskap aangehaal, en be-
toog dat dit ’n onmoontlikheid was om ’n dooie liggaam weer in
die lewe terug te bring. Maar deur ’n paar woorde van Christus is
hulle teorie omver- gewerp. Daar is bewys dat hulle onkundig was
beide aangaande die Skrifte en die krag van God. Hulle het geen
moontlikheid gesien om die indruk uit te wis wat deur die wonder-
werk op die mense gemaak is nie. Hoe sou hulle die mense afvallig
kon maak van die Een wat mag gehad het oor die graf om die dode
daaruit te laat voortkom? Valse gerugte is in omloop gebring, maar
488