Page 491 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Lasarus, Kom Uit”
487
en is vol liefde vir sy Verlosser. Hy het in aanbidding neergeval aan
die voete van Jesus.
Die toeskouers was eers sprakeloos van verbasing. Toe het daar
n onbeskryflike toneel van blydskap en danksegging gevolg. Die
susters het hulle broer in die lewe terug ontvang as ’n gawe van God,
en met trane van blydskap het hulle met gebroke stem hulle Heiland
bedank. Maar terwyl broer, susters, en vriende hulle verbly het in
die hereniging, het Jesus Hom aan die geselskap onttrek. Toe hulle
weer soek na die Lewegewer, was Hy nêrens te vind nie.
[546]