Page 490 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

486
DIE KONING VAN DIE EEUE
Kalm het Christus voor die graf gestaan. Daar was ’n heilige
erns by almal te bespeur. Christus stap nader. Hy hef Sy oë op na
die hemel en sê, “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het.” Net ’n
rukkie te vore het Christus se vyande Hom betig van godslastering,
en hulle het klippe opgetel om Hom te stenig omdat Hy gesê het dat
Hy die Seun van God is. Hulle het gesê dat Hy wonderwerke doen
deur die mag van die Satan. Maar hier roep Christus God aan as Sy
Vader, en sê Hy met die volste vertroue dat Hy die Seun van God is.
In alles wat Hy gedoen het, het Christus saamgewerk met Sy
Vader. Hy het dit altyd baie duidelik laat uitkom dat Hy nie onaf-
hanklik opgetree het nie; dit was deur geloof en gebed dat Hy Sy
wonderwerke gedoen het. Christus wou hê dat almal moes weet van
Sy verhouding tot Sy Vader. “Vader,” het Hy gesê, “Ek dank U dat
U My verhoor het; en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar
terwille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle
kan glo dat U My gestuur het.” Hier sou aan die dissipels en die
mense die oortuigendste bewys gegee word van die verhouding tus-
sen Christus en God. Aan hulle sou getoon word dat die aanspraak
van Christus nie bedrog was nie.
En nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n groot stem geroep:
Lasarus, kom uit!” Sy stem, helder en deurdringend, het die oor van
die dode laat hoor. Toe Hy praat, het die Godheid deur die mensheid
geflits. In Sy gesig, wat verlig was deur die heerlikheid van God,
het die mense die versekering van Sy mag gesien. Alle oë is op
die ingang van die spelonk gerig. Elke oor is gespits om die dofste
geluid te hoor. Met intense belangstelling en in die grootste spanning
[545]
het almal gewag op die toets van Christus se Godheid, die bewys
wat Sy aanspraak sou staaf dat Hy die Seun van God is, of wat vir
altyd die hoop sou uitdoof.
Daar is beweging in die stille graf, en die een wat dood was,
staan by die ingang van die graf. Sy bewegings is belemmer deur die
graf- doeke waarmee hulle hom gebind het, en Christus sê aan die
verbaasde toeskouers, “Maak hom los en laat hom gaan.” Weer word
aan hulle getoon dat die menslike werktuig saam met God moet
werk. Die mens moet vir die mens werk. Lasarus is vrygestel, en hy
staan voor die groep, nie soos iemand wat deur siekte uitgeteer is,
met swak, onvaste ledemate nie, maar soos ’n man in die bloei van
sy lewe, in die volle krag van sy manlikheid. Sy oë skitter intelligent