Page 489 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Lasarus, Kom Uit”
485
dood nie, maar slaap.” Markus 5: 39. Aangesien sy maar ’n kort
rukkie siek was, en onmiddellik ná haar dood weer opgewek is, het
die Fariseërs beweer dat die kind nooit dood was nie, en dat Christus
self gesê het dat sy slaap. Hulle wou die skyn gee dat Christus nie
siektes kon genees nie, en dat daar bedrog was in verband met Sy
wonderwerke. Maar in hierdie geval kon niemand dit ontken dat
Lasarus werklik dood was nie.
Wanneer die Here op die punt staan om ’n werk te doen, beweeg
die Satan altyd iemand om beswaar te maak. “Neem die steen weg,”
het Christus gesê. Berei sover moontlik die weg vir My werk. Maar
Martha se positiewe en eiesinnige natuur het op die voorgrond getree.
Sy wou nie die reeds ontbindende liggaam laat blootstel nie. Die
menslike hart is traag om Christus se woorde te verstaan, en Martha
se geloof het nie die ware betekenis van Sy belofte begryp nie.
Christus het Martha bestraf, maar Hy het dit baie saggies gedoen.
Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God
sien nie?” Waarom sal jy dan twyfel aan My mag? Waarom redeneer
jy teen My bevele. Jy het My Woord. As jy dit wil glo, sal jy die
heerlikheid van God sien. Natuurlike omstandighede kan nie die
werk belet van die Almagtige nie. Twyfel en ongeloof is nie nederig-
heid nie. Absolute geloof in Gods Woord is ware nederigheid, ware
oorgawe.
Neem die steen weg.” Christus kon die steen beveel het om weg
te rol, en dit sou Sy stem gehoorsaam het. Hy kon die engele wat
daar naby was, beveel het om dit te doen. Op Sy bevel sou onsigbare
[544]
hande die steen weggeneem het. Maar dit moes deur mensehande
weggeneem word. So wou Christus toon dat die mensheid met die
Godheid moet saamwerk. Dit was nie nodig om goddelike krag te
gebruik as menslike krag dit kon doen nie. God wil nie die hulp van
die mens ter syde stel nie. Hy versterk die mens, en werk saam met
hom waar hy die kragte en vermoëns gebruik wat aan hom gegee is.
Die bevel is gehoorsaam. Die steen is weggerol. Alles word
openlik en met voorbedagte rade gedoen. Almal het geleentheid om
te sien dat geen bedrog gepleeg word nie. Daar lê die liggaam van
Lasarus in die spelonk, koud en stil in die dood. Die geween van die
roudraers word stil. Verbaas en verwagtend staan die groep daar by
die graf, om te sien wat sou gebeur.