484
DIE KONING VAN DIE EEUE
daar teenwoordig, het spottend gevra, “Kon Hy wat die oë van die
blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterwe
het nie?” As Christus die mag gehad het om Lasarus te red, waarom
het Hy hom dan laat sterf ?
Met profetiese oog het Christus die vyandigheid gesien van die
Fariseërs en die Sadduseërs. Hy het geweet dat hulle voornemens
was om Hom dood te maak. Hy het geweet dat sommige van die wat
oën- skynlik so simpatiek gelyk het, baie gou die deur van hoop en
die poorte van die Godstad teen hulkseif sou sluit. In Sy vernedering
en kruisiging sou daar ’n toneel afgespeel word wat die verwoesting
van Jerusalem ten gevolge sou hê, en as dit gebeur sou niemand
die dode beween nie. Die vergelding wat oor Jerusalem sou kom, is
duidelik voor Hom geskilder. Hy het Jerusalem beleër gesien deur
die Romeinse legioene. Hy het geweet dat baie wat nou oor Lasarus
geween het, sou omkom in die beleg van die stad, en in hulle dood
sou daar geen hoop wees nie.
Dit was nie alleen oor die toneel voor Hom dat Jesus geween het
nie. Die gewig van die droefheid van die eeue was op Hom. Hy het
die vreeslike gevolge gesien van die oortreding van Gods wet. Hy
het gesien hoedat in die geskiedenis van die wêreld, van die dood
van Abel af, die stryd tussen goed en kwaad onafgebroke gewoed
het. In die jare van die toekoms het Hy die leed en droefheid en
trane en dood gesien wat die lot van die mensdom sou wees. Sy
hart is deurboor met die pyn van die mensekinders van alle eeue en
alle lande. Die ellende van die sondige geslag het swaar op Sy siel
gedruk; die fontein van Sy trane het oopgegaan waar Hy verlang het
[543]
om hulle te verlos van al hulle eilende.
“
En Jesus het weer in Homself geweldig bewoë geword en by
die graf gekom.” Lasarus is gelê in ’n spelonk in die rotswand, en
’
n groot klip is teen die ingang geplaas. “Neem die steen weg,”
het Christus gelas. Menende dat Hy maar net die lyk wou sien, het
Martha beswaar gemaak en gesê dat die liggaam al vier dae in die
graf was en dat ontbinding al begin het. Hierdie verklaring, gemaak
vóór die opwekking van Lasarus, het die vyande van Christus geen
kans gegee om te sê dat daar bedrog gepleeg is nie. In die verlede
het die Fariseërs valse gerugte versprei aangaande meeste van die
wonderbaarlike openbarings van die krag van God. Toe Christus
die dogtertjie van Jaïrus opgewek het, het Hy gesê, “Die kind is nie