Page 487 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Lasarus, Kom Uit”
483
ge- weet van die haat en nyd wat sommige daar teen Jesus gekoester
het, en sy het dus nie volle uiting gegee aan haar droefheid nie.
Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar
gekom het, het Hy geweldig bewoë geword in Sy gees en Hom
ontstel.” Hy het die gedagtes gelees van die wat daar vergader het.
Hy het gesien dat die openbaring van droefheid in die geval van
vele maar net skyn was. Hy het geweet dat sommige daar, wat nou
skynheilige droefheid geopenbaar het, eerlank besig sou wees met
planne vir die dood, nie net van die magtige Wonderwerker nie,
maar ook van die een wat uit die dode opgewek sou word. Christus
kon hulle skynheiligheid aan die kaak gestel het. Maar Hy het Sy
regverdige toorn bedwing. Die woorde wat Hy in alle waarheid kon
gesê het, het Hy nie gespreek nie terwille van die geliefde wat aan
Sy voete in droefheid gekniel het, en wat waarlik in Hom geglo het.
Waar het hulle hom neergelê?” het Hy gevra. “Hulle sê vir
Hom: Here, kom kyk.” Saam is hulle na die graf. Dit was ’n treurige
toneel. Hulle was baie lief vir Lasarus, en sy susters het oor hom
geween met gebroke harte, terwyl sy vriende saam met sy susters
geween het. By die aanskouing van hierdie menslike droefheid, en
die feit dat die bedroefde vriende oor die dode kon ween terwyl die
Verlosser van die wêreld daar gestaan het, het Jesus ook geween.
Alhoewel Hy die Seun van God was, het Hy die menslike natuur
aangeneem, en menslike droefheid het Hom ook geaffekteer. Sy teer
en jammer hart gaan altyd uit in medelyde waar daar droefheid is.
Hy ween saam met diegene wat ween, en Hy verbly Hom saam met
diegene wat bly is.
[542]
Maar dit was nie slegs ten gevolge van Sy menslike meegevoel
met Maria en Martha dat Jesus geween het nie. In Sy trane was daar
n droefheid so ver bokant menslike droefheid as wat die hemel van
die aarde is. Christus het nie geween vir Lasarus nie; want Hy het
op die punt gestaan om hom uit die graf op te wek. Hy het geween
omdat so baie wat nou getreur het oor Lasarus, eerlank planne sou
maak om Hom, die opstanding en die lewe, dood te maak. Maar die
ongelowige Jode was hoegenaamd nie in staat om Sy trane reg te
begryp nie! Sommige wat niks meer kon sien as net die uiterlike
omstandighede van die toneel as die rede waarom Hy geween het
nie, het fluisterend gesê, “Kyk, hoe lief het Hy hom gehad!” Ander
weer, wat die saad van ongeloof wou saai in die harte van die mense