Page 486 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

482
DIE KONING VAN DIE EEUE
Martha het geantwoord, “Ek weet dat hy sal opstaan in die op-
standing in die laaste dag.”
Nog soekende om die regte rigting aan haar geloof te gee, het
Jesus gesê, “Ek is die opstanding en die lewe.” In Christus is die
oorspronklike, ongeleende, onverkryde lewe. “Hy wat die Seun het,
het die lewe.” 1 Joh. 5: 12. Die godheid van Christus is die gelowige
se versekering van die ewige lewe. “Wie in My glo,” het Jesus
gesê, “sal lewe al het hy ook gesterwe. En elkeen wat lewe en in
My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?” Christus
het hier vooruitgekyk na die tyd van Sy wederkoms. Dan sal die
regverdige dode in onverganklikheid opgewek word, en die lewende
regverdiges sal na die hemel geneem word sonder om die dood te
smaak. Die wonderwerk wat Christus op die punt gestaan het om
te doen, naamlik die opwekking van Lasarus uit die dode, sou ’n
voorstelling wees van die opstanding van al die regverdige dode.
Deur Sy woorde en Sy werke het Hy getoon dat Hy self die bewerker
van die opstanding is. Hy wat eerlank self aan die kruis sou sterf,
het met die sleutels van die dood gestaan, oorwinnaar oor die graf,
en Hy het Sy reg en Sy mag om die ewige lewe te gee, betuig.
Op Sy vraag, “Glo jy dit?” het Martha geantwoord, “Ja, Here, ek
glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou
kom.” Sy het nie die volle betekenis van die woorde wat Christus
gespreek het, verstaan nie, maar sy het haar geloof in Sy godheid
bely, asook haar vertroue dat Hy in staat is om alles te doen wat dit
Hom mag behaag om te doen.
[541]
En nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep Maria, haar suster,
stilletjies en sê: Die Meester is hier en Hy roep jou.” Sy het die bood-
skap so ongemerk moontlik gegee, want die priesters en owerstes
was gereed om Jesus by die eerste geleentheid gevange te neem.
Onder die geweeklaag van die roudraers is haar woorde nie gehoor
nie.
Toe sy die boodskap kry, het Maria haastig opgestaan, en met ’n
trek van verwagting die kamer verlaat. Menende dat sy na die graf
gaan om te ween, het die roudraers haar gevolg. Toe sy by Jesus kom
waar hy gewag het, het sy aan Sy voete neergekniel en met bewende
lippe gesê, “Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterwe
het nie.” Die geween van die roudraers het haar gehinder, want sy
wou graag ’n paar oomblikke alleen wees met Jesus. Maar sy het