“
Lasarus, Kom Uit”
481
het op ’n stil plekkie langs die pad gewag. Die groot vertoon wat
die Jode gemaak het by die dood van vriende, of bloedverwante,
het nie die stille gees van Christus aangestaan nie. Hy het die ge-
weeklaag van die gehuurde roudraers gehoor, en Hy wou nie graag
die susters in daardie verwarring ontmoet nie. Onder die vriende
was daar bloedverwante van die gesin, sommige waarvan hoë en
verantwoordelike betrekkings in Jerusalem beklee het. Onder hulle
was van Christus se bitterste vyande. Christus was bewus van hulle
planne, en daarom het Hy Homself nie sommer dadelik aangemeld
nie.
Die boodskap is so stil aan Martha gebring dat die ander in die
vertrek dit nie gehoor het nie. In haar droefheid het Maria dit nie
gehoor nie. Martha het dadelik opgestaan en na haar Here gegaan;
omdat sy gedink het dat Martha na Lasarus se graf gegaan het, het
Maria in haar droefheid bly sit, maar nie gehuil nie.
Martha is vinnig na Jesus toe met gemengde gevoelens. In Sy
gelaat het sy dieselfde tederheid en liefde gesien wat altyd daar was.
Haar vertroue in Hom was ewe sterk, maar sy het aan haar geliefde
broer gedink wat Jesus ook liefgehad het. Met opwellende droefheid
in haar hart omdat Jesus nie eerder gekom het nie, maar nogtans met
hoop dat Hy selfs nou nog iets sou doen om hulle te vertroos, het
sy gesê, “Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterwe het
nie.” Oor en oor, te midde van die rumoer het die susters hierdie
woorde herhaal.
Met menslike en goddelike ontferming het Jesus haar droewige
gelaat aanskou. Martha het geen begeerte gehad om te vertel wat
[539]
[540]
gebeur het nie; alles het sy uitgedruk in haar patetiese woorde, “Here,
as U hier gewees het, sou my broer nie gesterwe het nie.” Maar terwyl
sy na daardie gelaat van liefde gekyk het, het sy bygevoeg, “Maar
selfs nou weet ek dat alles wat U van God vra, God U sal gee.”
Jesus het haar geloof aangemoedig deur te sê, “Jou broer sal
opstaan.” Sy antwoord was nie bedoel om hoop te gee dat daar
’
n onmiddellike verandering sou plaasvind nie. Hy het Martha se
gedagte gevoer verder as die onmiddellike opwekking van haar broer
na die tyd van die opstanding van die regverdiges. Dit het Hy gedoen
sodat sy in die opwekking van Lasarus ’n belofte kon sien van die
opwekking van al die regverdige dode, en ’n versekering dat dit sou
geskied deur die krag van die Verlosser.