Page 484 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

480
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hy het die vyand toegelaat om sy mag te gebruik, sodat Hy hom
kon terugdryf en verslaan. Hy het toegelaat dat Lasarus onder die
heerskappy van die dood kom; en die bedroefde susters moes sien
hoedat hulle broer in die graf gelê word. Christus het geweet dat dit n
verskriklike toets vir hulle geloof sou wees as hulle die lyk van hulle
broer moes aanskou. Maar Hy het ook geweet dat die gevolg van die
vreeslike beproewing wat hulle sou deurmaak, hulle geloof met baie
groter krag sou laat skyn. Al die droefheid wat hulle deurgemaak
het, het Hy ook gevoel. Hy het hulle nie minder liefgehad omdat Hy
nie dadelik gekom het nie, maar Hy het geweet dat daar vir hulle, vir
Lasarus, vir Homself, en vir Sy dissipels ’n groot oorwinning sou
behaal word.
Om julle ontwil;” “met die doel dat julle mag glo.” Vir almal
wat ernstig soek na die leiding van God, is die oomblik wanneer
alles die donkerste lyk die tyd wanneer goddelike hulp die naaste
is. Hulle sal met dankbaarheid terugkyk op daardie donker pad wat
hulle moes bewandel. “Die Here weet om die godsaliges te verlos
uit versoeking.”
Pet. 2:9. Uit elke versoeking en elke beproewing sal Hy hulle
bring met ’n sterker geloof en ’n ryker ondervinding.
Deur nie dadelik na Lasarus te gaan nie, het Christus genade
betoon aan diegene wat Hom nie aangeneem het nie. Hy het getalm
om te kom sodat Hy, deur Lasarus op te wek uit die dode, aan Sy
hardnekkige, ongelowige volk nog verdere bewys kon gee dat Hy
inderwaar- heid “die opstanding en die lewe” is. Hy het nie maklik
alle hoop vir Sy volk, die arme dwalende skape van die huis van
[538]
Israel, opgegee nie. Hulle onboetvaardigheid het Sy hart gebreek.
In Sy barmhartigheid het Hy besluit om hulle ’n verdere bewys te
gee dat Hy die Hersteller is, die enigste Een wat die lewe en die
onsterflikheid kan gee. Dit sou bewys wees wat die priesters nie sou
kon misverstaan nie. Dit was die rede waarom Hy nie dadelik na
Betanië gegaan het nie. Hierdie kroon van Sy wonderwerke, naamlik
die opwekking van Lasarus, sou die seël van God plaas op Sy werk
en Sy aanspraak op die godheid.
Op Sy reis na Betanië, het Jesus, soos Sy gewoonte was, die
siekes en die behoeftiges gehelp. Toe Hy in die dorpie aankom, het
Hy ’n boodskapper na die susters gestuur om hulle te verwittig van
Sy koms. Christus het nie dadelik die huis binnegegaan nie, maar