Page 483 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Lasarus, Kom Uit”
479
Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word. Maar
Jesus het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van
die rus van die slaap spreek.” Christus stel die dood as ’n slaap aan
Sy gelowige kinders voor. Hulle lewe is met Christus verberg in
God, en diegene wat sterf, sal in Hom slaap tot die laaste basuin sal
weerklink.
Toe sc Jesus vir hulle prontuit: Lasarus is dood. En Ek is bly
om julle ontwil dat Ek nie daar was nie, sodat julle kan glo. Maar
laat ons na hom toe gaan.” Thomas kon niks anders as die dood
vir sy Meester sien as hulle na Judea sou gaan nie; maar hy het sy
gees versterk, en aan die ander dissipels gesê, “Laat ons ook gaan
om saam met Hom te sterwe.” Hy het geweet hoe die Jode Christus
gehaat het. Dit was hulle doel om Hom dood te maak, maar hulle
het nie daarin geslaag nie, omdat Sy tyd nog nie verstreke was nie.
Solank daardie tyd geduur het, het hemelse engele Jesus beskerm;
en selfs in die dele van Judea, waar die rabbi’s besig was met planne
hoe hulle Hom gevange kon neem en doodmaak, sou geen kwaad
Hom tref nie.
Die dissipels was verbaas oor Christus se woorde toe Hy gesê
het, “Lasarus is dood. En Ek is bly . . . dat Ek nie daar was nie.” Het
die Heiland dan met opset vermy om na die huis van Sy lydende
vriende te gaan? Oënskynlik was Maria en Martha en die sterwende
Lasarus alleen gelaat. Maar hulle was nie alleen nie. Christus het
die hele toneel gesien, en ná die dood van Lasarus is die bedroefde
susters versterk deur Sy genade. Jesus het die groot droefheid van
[537]
hulle verskeurde harte gesien terwyl hulle broer met die magtige
vyand, die dood, geworstel het. Hy het hulle angs gevoel toe Hy aan
Sy dissipels gesê het, “Lasarus is dood.” Maar Christus het nie alleen
die geliefdes te Betanië gehad om aan te dink nie; Hy moes ook dink
aan die opleiding van Sy dissipels. Hulle sou Sy verteenwoordigers
in die wêreld word, sodat die seën van die Vader tot almal mag kom.
Vir hulle ontwil het Hy toegelaat dat Lasarus sterf. As Hy hom van
sy siekte gesond sou gemaak het, sou die wonderwerk wat van die
sterkte van Sy god- delike karakter getuig, nooit geskied het nie.
As Christus in die siekekamer was, sou Lasarus nie gesterf het
nie, want dan sou die Satan geen mag oor hom gehad het nie. Die
dood sou nie sy pyl op Lasarus afgeskiet het in die teenwoordigheid
van die Lewegewer nie. Om daardie rede het Christus weggebly.